23 dae gelede
Gospel-rymkletser sit nie stil nie
Luigi April  ~ Foto Verskaf

OUDTSHOORN se gospel-hip-hop-rymklets-sensasie mik hoog en het onlangs sy nuwe album, Hier Kom ’n Ding, bekendgestel.

Luigi April se album het 11 songs op en veral die titelsnit is ’n hit wat groot waves maak.

April het sommer saam met die album ook ’n internasionale tekkie-brand, Alive Shoes, en ’n internasionale klere-brand, #HKND, bekendgestel.

Die liedjie het selfs ’n wel­come tone by die selfoonnetwerk Vodacom­ geword.

April is ’n man van vele talente en het ook al ’n toekenning ontvang vir beste rolverdeling in die produksie van ’n musiekteater by die KKNK.

Benewens sy passie vir gospel-rap, skryf hy ook graag en het reeds ’n boek, A Walk With the Lord – My Experience With my God, bekendgestel.

Die boek vertel meer oor hom en sy geloof.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters