11 dae gelede
Godswerk vir hom eer
vol lof: Leo dos Santos is nog elke dag opgewonde oor die werk van die Here.foto verskaf  ~ 

‘EK IS dankbaar dat die Here my gebruik in dié seisoen van my lewe en dat ek mense geestelik kan voed en ’n seën kan wees.”

Só vertel die prediker Leo dos Santos, wat ook baie opgewonde is om dié naweek aan die Healing Worship Experience in Pacaltsdorp, George, deel te neem.

“Ek ontvang daagliks boodskappe van mense wat getuig hoe goed die Here is en hoe hul lewe verander het.

“Dit is ’n eer om ’n verskil te kan maak in ons gemeenskappe. Die nood is groot, maar die Here doen nog wonderwerke.”

Aanbidding

Hy sê dit maak nie saak wat jou situasie is nie, jy moet jubel in die Here, want Hy is nog steeds in beheer.

“Ek weet vir seker dat die Hand van die Here op my lewe rus en daarom sal ek altyd lof en aanbidding aan die Here gee.”

Dos Santos sê hy put krag uit Romeine 8, wat praat oor die liefde van die Here wat geen einde het nie.

Die Healing Worship Experience-konsert vind op 22 November om 16:00 by Eagles Nest Ministries in Olympic-straat, Pacaltsdorp, plaas. Die gaskunstenaars is Elwira Standili, Charisma Hanekam en Gregory Noble. Die MC is past. Mornay Galant.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters