Verlede maand
God verstaan alle harte
LIEFDESBAND: Courtney du Preez, ’n gospelsangeres, is ’n wynkenner wat ’n intieme verhouding met haar Skepper het.  ~ Foto Verskaf

HEMELVAARTDAG was Donderdag, maar dit is nie meer ’n vakansiedag nie. Baie Christene vat ook nie die dag af om dit te vier nie.

Geestelikheid beteken vir elke mens iets anders. Almal het hul eie manier om hul geloof uit te leef.

Sommige mense is baie uitgesproke en unapologetic daaroor, wat natuurlik baie cool is.

In ’n mate wens mense dat hulle meer uitgesproke oor hul geloof kan wees.

Maar dit is belangrik om intieme geloof ook te hê. Daar is niks mee verkeerd om meer privaat en ingetoë oor jou geloof te wees nie.

Dit is ten einde laaste belangriker om jou geloofsverhouding in privaat in stand te hou, nes ’n liefdesverhouding tussen mense.

Dit is baie dan vir ander mooi om van buite te sien hoe verlief en gelukkig jy is. Die toets is in privaat en wat agter geslote deure gedoen word om daardie verhouding in stand te hou.

In die Bybel gee God vir ons die drie belangrikste fasette van hierdie verhouding wat ons met Hom aangegaan het. Almal wat met God loop, het dié drie dinge in gemeen.

Ons vind dit in 1 Korinthiërs 13; naamlik geloof, hoop en liefde. Om vir God lief te wees, moet jy in God glo en om hierdie verhouding met Hom in stand te hou, moet jy hoop hê.

Gesond

Geloof is belangrik omdat Hy ’n onsigbare God is. Hoop omdat ons baiekeer in situasies beland wat nie vir ons sin maak nie.

In hierdie wêreld is daar baie onsekerhede en ons ervaar baie verdrukking en nood.

Baiekeer verstaan ons nie hoekom ons deur al hierdie verdrukkings en beproewings gaan nie.

Dít is wanneer daardie intieme verhouding met God gesond moet wees, sodat Hy vir ons in hierdie donker tye in geloof met hoop in ons harte kan dra.

Hou dus jou intieme verhouding met God gesond deur tyd saam met Hom te spandeer.

Sonder tierlantyntjies en sonder frille.

Of jy nou skryf, praat, sing of huil ... Almal se liefdestaal verskil, maar God verstaan ons hart.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters