2 maande gelede
God ‘maak ’n weg’ vir jou
damian van der merwe
HY IS REG: Damian van der Merwe se nuwe single word Vrydag uitgereik.  ~ VERSKAF

MÔRE sal die son weer skyn.

Só vertel die gospelsanger Damian van der Merwe.

“Dit maak nie saak wat jy nou deurgaan nie, weet die Here maak ’n weg en bly getrou.”

Van der Merwe sê in die lockdown het hy geleer almal is maar net geleen aan die aarde en mense moet in vrede met mekaar saamleef.

“Dis die klein dinge in die lewe wat ek opnuut weer kon waardeer.

“My gunsteling-vers in die Bybel is 1 Petrus 5:7: ‘Werp al jou bekommernis op die Here en Hy sal vir jou sorg.’

“Ek is so dankbaar vir al die support van my ma, Lisle, en my suster, Leechay, want sonder hulle in my lewe weet ek nie wat ek sou doen nie.

“Ons is almal op die aarde geskape met ’n spesifieke doel. So, nou is die tyd om in gehoorsaamheid te wandel.”

Hy sê hy is baie dankbaar vir sy gesondheid en om elke oggend op te staan en te weet God het ’n plan met sy lewe.

“My nuutste single, ‘I Am Ready’, is ’n anthem, ’n aansporing dat jy jou lewe met volle oorgawe aan die Here moet toewy.”

Hy sê hy voel bevoorreg om saam met die producer Damian Roman in die studio te werk.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters