2 maande gelede
God anker vir go-getter wat jeug heel bo wil help uitkom
Janine Van Balla  ~ Foto Verskaf

JANINE van Balla is dankbaar vir gesondheid en ’n tweede kans in die lewe.

Die sangeres glo as vroue bemoedig word, kan hulle alles hanteer wat oor hul pad kom.

“My boodskap aan vroue is om hulself te wees en in hulself te glo.

“Ek het op die ouderdom van 37 verder studeer en my B.Com. (Hons.) voltooi.

“Ek is besig om my meestersgraad in inligtingstelsels te voltooi.

“Ek is tot alles in staat deur Here wat my krag gee.

“Dit kos geloof en wilskrag en baie geduld.

“My oumagrootjie het altyd gesê: ‘Moenie bid vir fancy goed nie, bid net vir gesondheid.’ Nou, meer as ooit vantevore, het ek geleer ek kan nie sonder die Here in my lewe nie.”

Janine vertel dit gee haar die krag om elke oggend op te staan en ’n verskil in die gemeenskap te maak.

Sy sê: “My kern is om te sien die jeug bereik hul volle potensiaal. Ek skrik wakker en besef daar is nog so baie om te doen.

“Ek glo jy moenie net bereid wees om van iemand in ’n hoë posisie te leer nie; jy moet oop wees om van enige iemand te leer.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters