4 jaar gelede
Gebruik jou talent, sê sangeres
sukses: IDA LUCAS se derde CD is op pad. FOTO VERSKAF  ~ 

Haar liefde vir musiek het in die kerk en Sondagskool gegroei en oral waar haar pa gepreek het, het sy gesing. “As dit nie vir die Here was nie, sou ek vandag nie hier gewees het nie, en sy Genade dra my deur elke dag.

“Baie keer gaan ek deur diep waters en probleme, maar ek dra dit nie op my gesig nie, want ek maak dit ’n saak van gebed.

“Ek weet die Here hou my hand, en sonder Hom in my lewe sou ek dit nie gemaak het nie.”

Die legendariese Amerikaanse gospelsangeres Shirley Caesar inspireer Lukas. “Ek sing graag haar lied ‘I remember Mama’.

“Ek sou dit nooit gemaak het as dit nie vir my ouers, Martha en Tobie Lukas, was nie. Ek is ook diep dankbaar vir my familie en vriende wat my so wonderlik ondersteun en my CD’s koop.”

Lukas het ’n groot liefde vir Afrikaanse gospelmusiek. Sy het al twee CD’s uitgereik, Hou goeie Moed en Hy’t die prys Betaal.

Sy werk aan ’n nuwe CD, wat later dié jaar uitgereik gaan word.

Lukas het al die verhoog met groot name in die musiekbedryf gedeel. “Bianca le Grange is een van die sangers wat my aangemoedig het. In George het ek ook by die Legends Awards opgetree, asook by die Liggiesfees.

“As jy ’n talent het, gebruik dit en vertrou net op die Here.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters