8 maande gelede
Fortuin gee graag terug aan gemeenskap
Jesus se dissipel: Past. Winston Fortuin doen goeie werk. foto verskaf  ~ 

WAAR daar ’n wil is, is daar ’n weg. Winston Fortuin sê dít is waarom hy ’n verskil in sy gemeenskap wil maak.

Hy het in Charlesville, naby Heideveld op die Kaapse Vlakte, grootgeword en sê hy is maar net ’n gewone ou.

“Dinge was maar rof in ons grootwordjare, maar ek dank die Vader vir my ouers se opvoeding. Deur dít kon ek ’n sukses van my lewe maak.”

Die oudste van drie broers het ’n pastorale kursus deur die Excellence Bible College voltooi en vandag is hy gelukkig getroud met vroulief Candice.

Fortuin hou van teruggee aan die gemeenskap en het dit in 2020 gedoen met die uitdeel van kospakkies en klere aan behoeftiges.

“Só wys ons aan die wêreld almal is Jesus se dissipels en toon ons liefde aan mekaar.”

Hy voeg by: “My begeerte is om gereeld uit te reik, nie net op die Kaapse Vlakte nie maar die groter Wes-Kaap.

“Ek wandel met die leuse: As jy ’n village leer visvang, sal hulle kos hê vir ’n leeftyd.”

Hy bied binnekort ’n konferensie met gaspredikers en optredes, asook plaaslike gospelkunstenaars, aan om die gemeenskap te bemagtig.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters