25 dae gelede
For Him wil harte raak
OPGEWONDE: Die gospelgroep For Him van Mosselbaai werk aan ’n nuwe album.  ~ Foto Verskaf

VIR 13 jaar reeds poog hulle om deur musiek hoop te bring.

Dis die doel van die gospelgroep For Him van Mosselbaai.

Brian Jansen, Wayne Vallentyn en die Kapp-broers, Ebraim, Larry en Lorenzo, is opgewonde oor die nuwe album waaraan hulle werk. Dit volg sowat 12 jaar sedert hulle die album The Time Is Now uitgereik het.

Die groep was vir ’n lang tyd uitmekaar en elkeen het aan sy eie loopbaan gewerk.

Brian vertel: “Dit is egter nou die regte tyd om weer saam nuwe musiek te maak.

“Dis nie maklik nie, maar ons vertrou op die Here.”

Die groep, wie se naam beteken alles wat hulle doen, is vir Hom, skryf nog aan die album wat 10 snitte sal bevat en beplan om dit in 2022 uit te reik.

Ebrahim voeg by: “Ons musiek is Western gospel, en dis ons hartsbegeerte dat ons musiek harte sal raak en verander.”

Wanneer die manne nie saam sing nie, is hulle in die gym of speel ’n potjie tafeltennis met geliefdes.

Verhoog

Volgens Ebrahim is hul boodskap: “Vir ander om nie aan die verlede te klou nie, want deur Jesus is daar vergifnis.”

Die groep, wie se groot inspirasie die Christadelphians is, sal graag eendag nog ’n verhoog met die Amerikaanse gospelgroep die Gaithers wil deel.

Soos ’n koor sak hul af: “Met harde werk en toe­wyding kom sukses, maar soek eers die Koninkryk van God.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters