2 maande gelede
Esra terug om te dien
Hulp: Esra Isaacs (rooi masker) bedryf die organisasie Soul Food in George.  ~ Verskaf

NADAT hy 18 jaar in Johannesburg was, is hy nou terug om sy gemeenskap in George te dien.

Die musikant Esra Isaacs (44), wat grootgeword het in Rosemoor, George, bedryf ’n liefdadigheidsorganisasie, Soul Food.

“Ek is so dankbaar dat God my die geleentheid gegee het om ná 18 jaar waar ek in Jozi gewoon het, terug na my tuisdorp in George te kom en skouer aan skouer met die gemeenskap ’n verskil te kan maak.”

Soul Food reik weekliks uit met kospakkies aan die gemeenskap van George­ en as daar voorraad oor is, ry hulle tot so ver as Knysna en Groot-Brakrivier.

“Ons lewe in baie moeilike tye waar jy die Here elke dag moet dankie sê dat jy nog die kans gegun word om weereens Sy werk te kan doen. Baie het moedeloos kom word.”

Ontspan

Esra se vrou, Charmaline Isaacs (43), hul drie kinders en sy ma, Martha Isaacs (68), is die dryfkrag en inspirasie in sy lewe.

As hy nie besig is met gemeenskapswerk nie, ontspan hul graag rondom ’n braaivleisvuurtjie en geniet die lewe saam.

Esra se motto is: “Moet nooit hoogmoedig wees nie en moet nooit vergeet waar jy vandaan kom nie.

“Jy mag dalk net eendag terug moet gaan na waar jy begin het.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters