17 dae gelede
‘Elke dag ’n kans om op gister te verbeter’
Llu-Kayden Olivier  ~ Foto Verskaf

“EK IS dankbaar vir God se liefde vir my en al die seëninge wat ’n mens soms as vanselfsprekend aanvaar.”

Só sê Llu-Kayden Olivier, wie se stem daagliks van 15:00 tot 17:00 op Heart­beat FM in George­ gehoor word.

“Ek is ook diep dankbaar ek kan nog werk en vir ’n dak oor my kop.”

Olivier sê: “Wanneer ek my oë soggens oopmaak, weet ek God het nog ’n behae in my lewe. Dít alleen is genoeg dryfkrag om my elke oggend op te kry. Elke dag wat die Here my gee, is ’n kans om op gister te verbeter.

“My gunsteling-vers is: ‘Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.’ Met dié vers staan ek vir geen uitdagings terug nie.”

Olivier glo die werk wat die Here deur hom begin het, sal volbring word.

“My boodskap aan die lesers is: Jaag jou drome vreesloos na. Moenie dat jou omstandighede jou versmoor nie. Strek jou uit na dit wat voorlê en hou vas aan God se plan vir jou lewe.

“My ma en ouma is my groot inspirasie. Toe dinge vir my donker was, het hulle by my gestaan en in my bly glo. Van my opvoeders ook. Vandag vlieg ek hoog op die vlerke van hul oortuiging en arbeid.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters