16 dae gelede
Dumisani wil volk inspireer
WIL INSPIREER: Past. Kevin Booysen praat oor Dumisani se nuwe album, Deurbraak.  ~ Foto Verskaf

DIE gewilde gospelgroep Dumisani het so pas sy nuutste album, Deurbraak, uitgereik.

Ons het hierdie week met die legendariese gospelsanger pastoor Kevin Booysen van dié groep gepraat.

“Die Here breek deur in elke area van ons lewe – of dit nou finansies of gesondheid is.

Vertroue

“In die grendeltyd het een woord in my gees gekom – deurbraak.”

Booysen sê hy het toe geestelike liedere begin skryf om die volk te inspireer.

“Baie mense is on­seker en mismoedig oor die toekoms, maar as ons ons vertroue in die Here plaas, sal hy sekerlik vir ons deurkom.

“Ek het in die grendeltyd baie tyd met my familie en God spandeer en besef hoe kort die lewe is, maar die Here is ons enigste hoop en anker. Ek weet ook vir seker omdat Hy lewe, sal ons lewe.”

Daar is 10 liedjies op die album.

As jy dit in die hande wil kry, bel Booysen by 076 171 2318.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters