3 jaar gelede
‘Druk deur en vertrou’
Foto:  ~ 

CEANAN Ryan van ­Ceres het grootgeword in Bella Vista in Ceres.

Deurdruk is die eerste gospelalbum wat hy geskryf het ná matriek.

Past. Kevin Booysen is die vervaardiger. Die album is onlangs uitgereik.

“Ek is dankbaar dat die Here my gekies het om ’n seën te wees en dat Hy my hart gesien het om sodoende ’n verskil in die jong mense se lewe te maak.”

Ryan kan getuig dat daar ’n Here is wat lewe en wat die onmoontlike moontlik maak.

“Ons moet net leer om op die Here te wag!”

Gospelsangers wat ­Ryan inspireer, is Dr ­Tumi, Khaya Mthethwa en Benjamin Dube.

Ryan is ’n lid van die gospelgroep Dumisani.

Hy is dankbaar teenoor past. Kevin Booysen, wat die potensiaal in hom gesien het ten spyte van sy omstandighede.

“Ek wil dankie sê vir past. Colvin Snell en past. Herman Martin wat van die begin af in my geglo het.”

Ryan het ook ’n diepe waardering vir sy familie, wat altyd daar is en hom ondersteun in die ­musiekbediening.

“Ek wil al die lof en aanbidding vir die Here gee vir wat Hy aan my toevertrou het en daarom wil ek sing van Sy ­goedheid en trou in my lewe.

“My hartsbegeerte was altyd om ’n onderwyser te word en ná vele aansoeke by die universiteit het my briewe net nooit daar uitgekom nie.”

In 2016 het Ryan weer aansoek gedoen en terwyl hy in afsondering was, het hy met alles in hom vertrou op ’n deurbraak.

“Dis toe dat die stem van die Here vir my gesê het jy moet deurdruk en ek het by God op Sy woord bly staan.

“Ek is aanvaar by die Universiteit van Wes-Kaap en is baie opgewonde, want daar is altyd lig aan die einde van die donker tonnel.

“Ek weet dat U alles kan doen en dat geen plan vir U onuitvoerbaar is nie, sê Job 42:2.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters