18 dae gelede
‘Dis tyd vir dankie sê’
BEPLAN: JV Valentine reël ’n konsert, Kom Ons Sê Dankie.  ~ Foto Verskaf

“DEUR moeilike tye is die Here my bron van krag en in tye van beproewing my skuilplek.”

Só vertel JV Valentine van Worcester. Hy beplan die gospelkonsert Kom Ons Sê Dankie.

“In die tyd van die pandemie het ons soveel familielede en vriende aan die dood afgestaan, maar die Here het ons deurgedra. Deur sy krag is ons nog staande. Jesus Christus is ons enigste hoop.

“Ons gemeenskappe is so gebroke, daarom is dit nou die tyd om in liefde uit te reik.

Saamstaan

“Dit is die begeerte van my hart om ’n verskil te maak in die gemeenskap.

“As ons saamstaan en hande vat, sal die wêreld ’n beter plek wees. Die Here is my hulp en verlosser en daarom kan ek in oorwinning stap.”

Die konsert vind môre 19:00 in Leipoldtlaan langs El Shaddai Funeral Services plaas. Die kaartjies kos R20 per volwassene en R10 per kind.

Valentine is die gasheer. Die gaskunstenaars is Earl Jacobs, Shaun Titus, Manfred Matthews en past. Eliza Felix.

Vir nog inligting, kontak Valentine gerus by 068 299 3929.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters