8 maande gelede
Dié vrou mág maar praat
Unita Pretorius.  ~ Gregory Noble

’N GEKNAKTE riet sal Hy nie breek en ’n dowwe lamp sal Hy nie blus nie ...

So sê Unita Pretorius, beter bekend as die Koraalvrou van die Paarl.

Pretorius hou volgende maand ’n konferensie, die Koraalvrou Women Network Launch. Die tema is “It’s My Time to Step out: Activate Your Faith; Activate Your Dream; Activate God’s Favour”.

Pretorius was baie jare betrokke by die gemeenskapsradiostasie in die dorp.

Deesdae tree sy op as motiveringspreker en gemeenskapswerker om gebroke vroue te help.

Pretorius vertel: “Ek het vandat ek drie was by my bure grootgeword. Een dag in die bus het ek my biologiese ma ontmoet.

“Die vrou het my gevra wat my naam is en waar ek woon. Ek het vir haar gesê en dis toe dat sy die Sondag by ons huis aangekom het.

“Die verwerping en verwarring deur die jare het my diep geknou en as kind het ek vir myself gesê ek is nie mooi nie. Ek het ook moeilik geleer op skool.

“Ek is deur vier huwelike, maar deur alles het die Genade van die Here my gehou en herstel.

“Ek en my ma het ’n wonderlike verhouding en ek dank die Here daarvoor.”

Geroep

Pretorius sê sy vereer die Here met die scars wat sy opgedoen het.

Sy sê: “Jy is geroep voor die grondlegging van die aarde en die Here het jou met ’n spesifieke doel op die aarde geskape.

“Jou waarde is ver bo korale en jy is goud werd.

“Vir elke vrou en man wat deur ’n krisis gaan, sê ek staan op, want op jou weg skyn daar ’n Lig."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters