3 maande gelede
Dié musiekonnie werk om jeug te red
GEE HOOP: Renaldo Hendricks wil die jeug deur sy musiekakademie bemagtig.  ~ Foto Verskaf

HY HET aan baie deure geklop voordat die Here die regte een vir hom oopgemaak het.

Renaldo Hendricks (29), ’n musiekonnie van Knysna, vertel opgewonde van sy inisiatief – die Knysna-musiekakademie – wat te midde van die Covid-19-pandemie besig is om jong mense te bemagtig.

Hy vertel: “Ouma Annie Hendricks en my ma, Lilian Laminie, het my altyd saam gevat kerk toe. So, ek is dankbaar dat ek in die huis van die Here grootgeword het.

“Dis ook daar waar ek my eerste musiekinstrument begin bespeel het.”

Renaldo het in 2018 saam met ’n gospelgroep van Kaapstad na Amerika gereis waar hulle die boodskap van vergifnis en liefde deur musiek verkondig het.

Die jong onnie het in 2019 sy studies aan die Cape Music Institute voltooi.

Dit was ook kort ná sy terugkeer na sy tuisdorp dat hy ’n daadwerklike verskil wou begin maak. Die omstandig­hede waarin die jeug hulle bevind, het hom aangemoedig.

Hy sê: “Die uitdagings wat jong mense face, is hewig, maar ons is tot alles in staat.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters