2 maande gelede
Dié boek kan mense help
BEMOEDIG: Shulano Bell het ’n geestelike boek oor depressie geskryf.  ~ Foto Verskaf

DEPRESSIE is een van daardie geestelike, demoniese aanvalle wat baie mense teister.

Dit is een van die onderwerpe in past. Shulano Bell se boek van 15 hoofstukke.

Which Spirit Is In You gaan oor die Heilige Gees. Daar word gefokus op verskeie karakters wat met dieselfde uitdagings geworstel het as dit waarmee baie vandag sukkel.

Bell noem: “Ons stryd is immers nie teen vlees en bloed nie, maar teen die bose magte.”

Hy verduidelik ook: “Die gedagte het gekom kort nadat ek en my vrou, Tammy-Lee, ’n misverstand gehad het. Ek het kwaad geword en sy het gereageer deur te vra: ‘Watter gees is dit nou in jou?’ Die res is history.”

Oorkom

Die 40-jarige Bell voeg by ons dink dikwels alles is normaal, maar die Bybel leer ons dat ons stryd eintlik teen bose magte is.

“Die boek gee ’n in-diepte-insig oor die daaglikse innerlike stryd waarmee ons deal en hoe ons dit soms kan oorkom. Baie aanvaar alles moet net gebeur en dink dis natuurlik.”

Bell noem dat sy boek oplossings gee oor vraagstukke van die lewe­ en hy hoop dit kan mense wat dit lees, help.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters