Verlede maand
Danny is opgewonde oor sy nuwe single
DANKBAAR: Danny Janse glo ons almal kan rus vind in God se beloftes.  ~ Foto Verskaf

VIR sommige mense kom musiek net natuurlik.

Dit was ook die geval vir Danny Janse van Ashton.

Hy vertel: “Ek het eendag my ma se kitaar vir die eerste keer opgetel en myself akkoorde geleer.”

Die gospelsanger sê hy is nou so opgewonde oor sy nuwe enkelsnit, “U Is My God”. Danny het die liedjie in die lockdown geskryf toe hy soos baie ander besef het Jesus is ons enigste anker in stormagtige tye.

“In tye van benoudheid is die Here ons skuilplek. Hy bied ons die vreugde om elke belofte wat hy aan ons maak, waar te maak. As ons bely en laat staan en ons oë op God hou, sal hy ons genees en ons ge­bede verhoor.”

Danny voeg by: “Christus het ons toegerus met die Woord en daarom kan ons rus in sy beloftes vind.”

Hy noem hy is ook dankbaar vir die ondersteuning en inspirasie van veral familie.

“My raad aan ander is moenie bang wees nie en kyk nie angstig rond nie, want die Here is naby ons.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters