Verlede maand
Danille is diep geanker in Woord van die Here
Danille Pape  ~ Foto Verskaf

NIKS in die lewe moet ons as vanselfsprekend aanvaar nie.

Só glo Danille Pape, wat pas die gospel-single “All of Me” uitgereik het. Die talentvolle producer Tim Feder het dit opgeneem.

Danille sê: “Ons moet ons geliefdes elke oomblik waardeer, want die lewe is kort.”

Sy kry haar inspirasie van “God, my familie en my liefde vir gospelmusiek”.

Sy glo ook: “Alles wat ons het, is net genade. Ons weet nooit wat die dag van môre inhou nie. Ons moet mekaar onvoorwaardelik liefhê, soos God ons liefhet.

“Laat ons mekaar ondersteun in tye van nood.”

Danille sê ’n mens “hoef nie op jou eie kragte staat te maak nie. Jy kan alles binne-in jou oorgee en in die hand van Here los.

“Die Here is altyd daar – in elke seisoen en fase van jou lewe.”

Danille sê ook sy weet vir seker die wil van Here sal altyd seëvier in ons lewe. “Alles werk ten goede mee vir dié wat die Here liefhet.” Haar boodskap aan elke vrou is: “Jy is sterker as wat jy dink. Weet jy is tot alles in staat deur die Here wat jou die krag gee."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters