Verlede maand
Covid-klopper wil ander boost
STEUN: Die gospelsanger Gregory Abrahams het ’n EP uitgereik om die mense in dié droewige tye te bemoedig.  ~ Foto Verskaf

DEUR die genade van die Here het die gospelsanger Gregory Abrahams en sy vrou, Cheryl, wonderbaarlik herstel nadat hulle in Mei laas jaar positief getoets is vir Covid-19.

Omdraai

Son het ook in Julie verlede jaar daaroor berig.

Nou het Gregory die EP God Verlaat U Nooit bekend gestel om mense in hierdie droewige tye aan te moedig.

“Daar is twee songs op, naamlik die titelsnit en ‘Ek Kan Nie Omdraai Nie’,” sê Gregory.

“Die rede dat ek dit bekendstel, is, daar is daagliks baie mense wat positief getoets word en dan lewe hulle in vrees.

“Ek wil net hê dat hulle moet moed hou.

“Daar is genesing.

“Ek weet wat dit is, want ek en my vrou is albei positief getoets vir Covid-19, maar die krag van die Here was in daardie tyd op ons.

“Ek was eers vreesbevange en het gedink ek gaan my vrou verloor, maar die Here is getrou.

“Wat Hy vir ons gedoen het, kan Hy vir jou ook doen. Hy is magtig en Hy verlaat jou nooit.

“Die nuwe virus maak nou opslae. En dis nie net die ongelowiges wat in vrees lewe nie; die gelowiges ook. Dié twee songs kan hulle nuwe moed gee.”

Louie Fortune het die title song geskryf en Allou April “Ek Kan Nie Omdraai Nie”. Die EP is in die Kruiskyk-studio in die Strand vervaardig en dit kos R60. Stuur ’n mail na gregoryabrahams38­@gmail.com of kontak Gregory by 067 643 4242 vir nog inligting.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters