3 maande gelede
Charnte wil verlore siele na die Here bring
nuUT: Charnte Eseyin het onlangs haar nuwe single “Unfailing God” uitgereik. foto verskaf  ~ 

“SOMS voel jy dat jy wil opgee, dan kom die Here sterk deur as jy Hom bly vertrou.”

Dit is die inspirerende woorde van die TV-aanbieder en gospelsangeres Charnte Eseyin. Sy is oorspronklik van die Paarl, maar woon deesdae in Ferndale, Johannesburg.

Julle sal Charnte onthou van Craz-e op e.tv en Hectic Nine-9­ op SABC2.

Deesdae gee sy musieklesse en het al as regisseur gewerk. Sy het ook onlangs nuwe musiek bekendgestel.

“Ek is so opgewonde oor my nuutste single, ‘Unfailing God’.

“Die lied is geïnspireer deur God se onvoorwaardelike liefde wat ons nooit faal nie. Daar was ’n tyd toe ek wou opgee, maar die Here se Hand het my staande gehou en gebed van my ma, Harriet Pietersen, het my deurgedra.”

Charnte se man, Emmanuel Dayo Eseyin, het haar single vervaardig.

“Ek het my man by die studio ontmoet toe ek moes instaan vir ’n agtergrondsanger.

“My oupa Johannes Pietersen (68), wat my grootgemaak het, het my op my troudag saam met my ma by die kerk ingebring.

“My hart loop oor van dankbaarheid. Hulle is die dryfkrag en inspirasie in my lewe.”

Haar begeerte is om verlore siele na die Here te bring deur haar musiek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters