Verlede maand
Charisma skryf boek
VIND WEG: Path Finders maak ’n verskil in die gemeenskap.  ~ Foto Verskaf

“EK IS so dankbaar vir gesondheid en geleenthede.”

Só vertel die gospelsangeres Charisma Hanekam.

“Dit was ’n ongelooflike ervaring om my storie van hoop in my boek, Find Your Path and Make History, te beskryf. Dit gaan binnekort digitaal uitgereik word.

Geleentheid

“Ek het kom leer alles is moontlik. As jy glo en hard werk, kom sukses.

“Dis so belangrik om ons stories te vertel en nou jong entrepreneurs die geleentheid te help gee om hul talente verder te ontwikkel. In die grendeltyd het ek geleer daar is nie meer afstand nie.”

Sy verwys na Path Finders, ’n span wat jong entrepreneurs oplei en bemagtig om hul eie besigheid in die Koninkryk van Christus te bereik.

Sy sê dis so wonderlik dat mens deur tegnologie meer mense kan bereik.

“Enige iets is moontlik. Dit maak nie saak waar jy is nie.

“Ons dryfkrag as ’n span is die feit dat ons as ’n nasie, kontinent en wêreld nog so baie kan bereik.

“Jy is tot alles in staat deur die Here wat vir jou die krag gee.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters