23 dae gelede
‘Bly net glo – dinge gaan reg uitwerk’
VOL MOED: Earl Bevan George hou aan God vas.  ~ Foto Verskaf

HOEWEL die lockdown baie uitdagings meegebring het en ’n moeilike tyd was, was dit ook leersaam.

Die gospelsanger Earl Bevan George sê: “Ek moes vinnig groei in my menswees, maar dié wat op die Here wag, kry nuwe krag.

“As jy aanhou goed doen, sal die Here vir jou magtig deurkom – ongeag jou omstandighede. Somtyds is ons geloof wankelrig, maar die Here gee ons die krag om aan te gaan.”

George sê ook: “Ek is dankbaar dat ek nog elke dag op God se ‘wakkerlys’ is. Dit wil sê ek het nog ’n kans om my doel op aarde uit te leef.”

Volbring

In 2015 het George die single “God is Not Man” geskryf. Dit sê die Here se tyd is altyd die regte tyd; dinge sal in plek val soos Hy dit uitwerk.

“Ek weet vir seker die Here is nie ’n mens nie.

“Staan wakker agter sy Woord om dit te volbring.

“Al voel dit soms niks wil uitwerk nie, bly net getrou aan die Here.

“Die lewe het ’n manier om dinge ten goede te laat uitwerk.”

George se motto is: “Nev­er count yourself out.”

Sy boodskap aan vroue is: “Julle is met waarde en krag geskape. Wees net jou unieke self en stap in gehoorsaamheid.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters