Verlede maand
Anita se single ’n ‘profesie wat nou waar geword het’
LEEF HAAR DROOM: Anita Kalie is opgewonde oor die single “Holy Hunger”.  ~ Foto Verskaf

DIE gospelsangeres Anita Kalie van Heideveld het pas die single “Holy Hunger” uitgereik.

Kalie vertel ons meer van die song: “Dit handel oor ons wat ’n honger en dors na God se teenwoordigheid moet hê en dat die genade van die Here groot is.

“Ek is opgewonde, want dit is ’n profesie wat vervul word dat ek musiek gaan opneem.”

Sy voeg by: “Ek het besef God se genade is so groot.

“Dis net gebed wat ons deurdra, veral nou in die grendeltyd.”

Sy vertel: “My liefde vir gospelmusiek kom al sedert kindsbeen aan. Van daar het dit van krag tot krag gegroei. Die Woord van God is my gunstelingboek.”

Haar boodskap van hoop is: “Kies die Here terwyl Hy nog te vinde is. Hy is ons enigste hoop.

“Niks kan ons skei van die liefde van Jesus nie. Hou vas aan sy beloftes.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters