2 maande gelede
Alana kies God oor vrees op single
SLAAN DIE KITAAR: Alana Wessels se nuwe single, “Faith Over Fear”, is so pas uitgereik.  ~ Foto Verskaf

DIE gospelsangeres Alana Wessels se nuwe single, “Faith Over Fear”, wat in die lockdown geskryf is, is so pas uitgereik.

“Ek moet sê, ek was ook soms bang, maar ek weet die Here kom ons vertroos.

“Hy is altyd daar en sal ons nooit verlaat nie. My geloof is getoets, maar ek het God oor vrees gekies.

“Ek was so bevoorreg om saam met die talentvolle producer Warren Hendricks aan my nuwe single te werk.”

Sy vertel verder haar filosofie is om elke dag te leef asof dit jou laaste is.

“My dryfkrag elke dag is my familie en my kerkgemeenskap.

Kosbaar

“Ek wil elke vrou bemoedig om die stilte te verbreek en op te staan teen geweld.

“Weet dat jy kosbaar en waardevol is.

“Ek sing graag gospel omdat ek die naam van die Here deur musiek wil verkondig. En ek streef elke dag daarna om die woorde uit te leef.

“Ek weet vir seker God is ’n werklikheid en Hy het ons onvoorwaardelik lief.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters