Verlede maand
Rapper vra God se hulp
Check dit uit: Nequin Petro, oftewel Quin, se musiekvideo vir sy nuwe song “Here Help My Nasie” is witwarm. Foto verskaf  ~ 

’N NUWE rapper, Nequin Petro, oftewel Quin, is besig om sy nasie los te sing in sy nuwe lied: “Here Help My Nasie”.

Dis die Paarliet se direkte hulp-roep aan God vir sy mense, want die toestand van die land is nie na wense nie. Volgens die kunstenaar lyk dit asof alles skeefloop.

Maar tussendeur dit wil hy ook die jeug bemoedig.

In die eerste vers spreek hy die jeug aan wat geblinddoek en gebreinspoel word deur die nommer.

Hy wil hê jong mense moet besef dié brasse wat hulle nou so wil entertain gaan nie meer oor 10 of 20 jaar daar wees nie, so hulle moenie hul toekoms breek nie.

Hulle het ’n keuse tussen ja en nee.

Ambisie

Volgens Quin is dit tragies om te sien hoe jong mense net hul drome laat vaar omdat hulle net so gelate die omstandighede aanvaar waarin hulle vasgevang is.

“Ek weet dis moeilik, maar ambisie en drome kan jou ver bring.

“En al maak jy nie baie geld nie, of naam vir jouself nie, poog net om ’n verandering in iemand anders se lewe te maak.”

Benewens rap, is Quin se droom om ’n suksesvolle akteur, scriptwriter en filmregisseur te wees. Groot drome.

Hy swot tans drama aan die Universiteit Stellenbosch.

Kyk sy musiekvideo op YouTube onder die naam: “Quin – Here Help My Nasie.” Dit is ook al meer as 50 000 keer op Facebook gekyk.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters