4 jaar gelede
Plus-size girl pronk met kurwes
trots: Charnelle Paulse is confident oor haar vroulikheid en haar lyf. Foto: MARNUS MEYER/ICEGENETICS  ~ 

CHARNELLE Paulse (31) is ’n model wat trots is op haar figuur en haar kurwes met confidence flaunt.

Sy is ’n size 16 en een van die gesigte van Donna (voorheen Donna Claire) se veldtog.

Paulse, wat met die Ajax Cape Town-sokkerspeler Nathan Paulse getroud is, wou nog altyd ’n model wees, maar het nie die “normale” model-portefeulje gepas nie.

Ons het met Paulse gesels oor haar loopbaan, body confidence en haar tips vir die somer.

trots: Charnelle Paulse is confident oor haar vroulikheid en haar lyf. Foto: MARNUS MEYER/ICEGENETICS
Hoë middel: Kledingstukke met wat hoog op haar middelrif sit, laat haar onderlyf lank lyk. Foto: MARNUSMEYER/ ICEGENETICS
voorbladmeisie: Charnelle Paulse se kurwes moet vertoon word. F OTO’S VERSKAF
flaunt DIT: Charnelle Paulse meen Thursdays.co.za se swemklere is wonderlik en vleiend. Foto: INSTAGRAM/THURSDAYZA
breek die reëls: Moenie bang wees om wit en strepe te dra nie.
smeulend:Charnelle Paulse staan nie terug vir kleiner modelle nie.

Hoe het jy in die bedryf beland?

Nathan het vir Platinum Stars in Rustenburg gespeel en ek was ’n huisvrou. Ek het in ’n tydskrif op ’n artikel oor plus-size modelling afgekom en gevoel daar is ’n kans vir my. Dalk kan ek dit in die bedryf in dié kategorie maak. Daar was ’n lys van agentskappe en ek het my foto’s vir hulle gestuur en hulle wou my sien.

Wanneer het jy gemaklik in jou lyf begin voel?

Dit was ’n journey en ’n proses vir my om te aanvaar wie ek is, maar ek doen nou, want ek oefen drie keer ’n week en eet gesond. Ek eet steeds my take-aways en tjoklits, maar alles met matigheid.

Ek voel in die plus-size-bedryf moet jy steeds ’n sekere size maintain. Jy moet jou shape in shape kry, maak nie saak of dit ’n 18 of 20 is nie.

Wat is die hoogtepunt van jou loopbaan tot dusver?

Toe ek by die Donna-veldtog aansluit en met ander modelle begin werk wat ook hul kurwes love. Om met vroue te werk wat dieselfde mindset as ek het, het my gehelp aanvaar wie ek is.

Wat is jou beste tip vir dié somer vir vroue met kurwes?

Ek hou van high-waisted skirts en broeke. Dit laat jou onderste area langer lyk – veral as jy boude en heupe het. Dra helder kleure.

Watter raad het jy vir vroue wat weens hul size bang is om sekere klere te dra?

Daar is vir ons gesê om nie strepe te dra nie. So baie reëls – moenie stripes dra nie, moenie helder kleure dra nie, bly weg van wit af. Breek die reëls. Vir jare het ons gedink ons kan nie strepe dra nie, want dit laat jou groter lyk. Confidence is die grootste faktor. Dit is Confidence wat jou as ’n persoon verkoop.

Waar koop jy jou klere?

MRP vir die maklike of goedkoop kopie vir ’n aandjie uit. Daar is baie goed van die Donna-winkels waarin ek gemaklik voel. Thursdays (thursdays.co.za) het ook wonderlike swemklere. Ek laat maak ook baie van my klere.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters