7 maande gelede
Kuns tot sy redding
’n Ster: Tashreeq de Villiers sê hy sal selfs vyf karakters in een produksie vertolk as hy moet.  ~ Verskaf

DIE arts het sy lewe gered en die Vader alleen weet wat hy sou word as hy nie ’n performer was nie.

Tashreeq de Villiers, wat onlangs twee Fleur du Cap-benoemings ontvang het, sê dis die talent wat sy Skepper hom gegee het wat vir hom die weg gebaan het – en daarvoor is hy dankbaar.

“My ma is my motivation oor sy vyf kinders op haar eie grootgemaak het. Nou motiveer my kinders my, want ek kan nie nou laat slaplê nie.”

Tashreeq, wat in Woodstock grootgeword het, was op skool by Rahmaniyeh Primêr en Hoërskool Trafalgar, voor hy Business Management aan CPUT gaan studeer het. Weens ‘n tekort aan fondse moes hy na ‘n jaar dit los.

Die sanger/akteur was maar nog net in verhoogproduksies en was maar net ses jaar oud met sy eerste optrede by die Juvenile Sentimental.

“Ek was klein en nervous, want die ou Groenpunt Stadion was vol gepak,” onthou hy.

In 2015 was hy ’n back-up sanger vir die produksie Satin to Sequins en ’n jaar later het hy die hoofrol, Rowan Petersen, in dié produksie vertolk.

In 2018 het hy die neighbour gespeel in Marc Lottering se Aunty Merle, the Musical en ’n jaar later is hy terug in Aunty Merle – It’s a Girl, in die dubbele rol van Glen Davids en Pastor Jansen.

Emosie

“Dis nie so moeilik om twee heeltemal teenoorgestelde karakters te vertolk nie. Die mees confusing deel is eintlik die uitrustings.

“Ek geniet dit om beide karakters te vertolk maar die skurk staan vir my uit. Menses ê ook altyd aan my hoe kwaad hulle vir Glen raak en dit mean ek het die karakter met oortuiging vertolk.”

Hy is ook binnekort terug op die planke as Lucky in David Kramer se Danger in the Dark – die verwerking van die hit musical Poison deur Kramer en wyle Taliep Petersen.

“Lucky is my favourite karakter en dis vir my belangrik om ons stories te vertel. Wanneer ons ons stories vertel, is dit eg en dit word op ’n opregte wyse ontvang. Ons ken die emosie en het die sincerity.”

Tashreeq se twee Fleur du Cap-benoemings is vir sy rolle in Aunty Merle – It’s a Girl en Danger in the Dark.

“Ek het dit glad nie verwag nie. Met elke optrede gaan ek op die verhoog om net my beste te gee.

“Om vir Lucky te wen sal groot wees omdat ek in die regte lewe met hom kan relate.

“Maar die dubbele rol wys waardering vir harde werk.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters