4 maande gelede
Werkloosheid ook ’n pandemie
Keith Meyer  ~ Foto Verskaf

STATISTIEK is maar once a bliksempie.Want sien, nou die annerdag toe word daar net so terloops gemention van die 11 miljoen ... kom ons sit die nulle by – 11 000 000 – Suid-Afrikaners wat nie ’n job het nie. Dis 11 000 000 mense sonder ’n maandelikse of weeklikse pay. Oorlat daar nie werk in die government of privaat sektor vir hulle is nie.

Werkloosheid vreet aan homo sapiens se menswaardigheid. Dit skep ’n gevoel van minderwaardigheid, moedeloosheid en afhanklikheid.

Ja, dalk lê die antwoord vir die teenvoeter vir werkloosheid in entrepreneurskap.

Even dít is ’n uphill battle.

Soos julle nou al agtergekom het, hierie ekke is mos once ’n aartsopportunis. Seker oorlat ek daai Obama brother so likes?

Dit bring my dan by iemand so naby as wat ons aan Barack Obama kan kom: die man wat homself “The Shackbuilder” noem.

Quinton Adams, ’n geleerde, hoogs gekwalifiseerde kliniese sielkundige wat sy kantoor met lugreëling verruil het vir die backyards van die Cape Flats en vir rotte, muf en swak ventilasie.

Eers bou hy shacks, gee vir ’n paar mense werk en gee mense se dignity terug. Want om in ’n bouvallige shack te bly vreet ook aan jou menswaardigheid.

Toe vat hy sy selfopgelegde kruistog na die next level.

Ek wens die regering kan inkoop in hierdie plan. ’n Plan wat werkloosheid kan teenwerk.

Volgens Adams moet die unemployed employable gemaak word. Spyker op die kop! Net ’n slim man met ’n praktiese plan sal by dié slotsom uitkom.

Want sien, as die unemployed nie employable is nie, baat werksgeleenthede niks.

Skills, skills, skills! Daai issie main ding.

Die Shackbuilder se next level is om sy eie “Backyard University” te begin met sy eie kurrikulum. Sjoe, wanneer die back­yard ’n training site word ... Briljante idee.

Dit maak die werklose jeug ook opgewonde. Hier word die jeug opgelei hoe om self shack builders te wees!

As hulle klaar opgelei is, kan hulle op hul eie gaan shacks oprig en geld verdien!

Glo my, die Backyard University is besig om uit sy nate te bars. Adams se plan teen werkloosheid werk soos ’n bom. Dis nog in sy kinderskoene, maar waar daar ’n ysere wil is, is daar ’n weg.

Ek wens government wil saamwerk. Want die move is eintlik tweeledig – aan die een kant spreek jy die werkloosheidspandemie aan en aan die ander kant pak jy die behuisingskrisis.

Dít is wat ons land nodig het, nie kaderontplooiing nie.

Mense wat die nodige vaardigheid het om hande te vat en werkloosheid te pak.

Ek remain truthful aan die gedig “Die Gedagtes van die Beseerde Arbeider” se visie:

En daar sal beter dae kom, my Vrou/ Beter dae vir die bleek klein Bet, vir Boetman wat nog weg is en vir jou/ Dae dat ons tog ’n stukkie vleis/ En vir die kind miskien ’n been met murg/ Op die tafel het – soms kan die droë pap so wurg.

Daar ís hoop. Soos Obama ook in sy boek The Audacity of Hope verkondig.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters