6 maande gelede
Strenger strawwer eerder as ’n afskrikmiddel is die antwoord
Tazne van Wyk  ~ Foto Verskaf

ALMAL is dit eens: Iets drasties sal oor die kindermoorde gedoen moet word!

Dit maak my ook baie bedinges dat daar deesdae getel word hoeveel kinders die afgelope maand dood is. Nee, hel, man! Ons kan daai tyd gebruik om dit te keer en nie aan te moedig nie.

Met elke kindjie kom die politici uit hulle wegkruipplek en veroordeel die dade.

Dan hoor jy ’n klomp dinge, maar jy sien net niks gebeur nie.

Volgens ’n verslag aan ’n komitee van die provinsiale parlement is daar in 2016-’17 in die Wes-Kaap 179 kinders vermoor. Daardie syfer het in 2017-’18 tot 279 gestyg.

Dis van sowat drie kinders per week na vyf kinders per week, in net ’n jaar!

Nou vra ek: Wat het tussen toe en nou gebeur? Sweet boggherol. Net mooi woordjies en drukkies is gedeel. Dís wat fout is: Ons wil mooi woordjies en drukkies gee.

Ja, die grondwethof het in 1995 beslis die doodstraf is verkeerd, al voel baie ons kort dit.

Tog is daar geen bewyse dat dit werk in die lande waar dit toegepas word nie.

Ons kort nie ’n afskrikmiddel vir hierdie gemors nie; ons kort strenger strawwe!

Almal gaan saamstem dat verkragting en moord wreed is. Nou, verduidelik vir my in eenvoudige taal waarom oortreders life van 25 jaar kry, maar vir parool kan aansoek doen nadat ’n derde daarvan uitgedien is?

Dít is wat my moerig maak van ons politicians. Hulle gaan almal sê hoe wreed die daad is, maar hoor jy enige konkrete voorstelle oor wat nou moet gebeur?

Kan enige daad waarby ’n kind betrokke is, soos sodomie of mishandeling, ’n tronkstraf van 50 jaar kry?

Oortreders het regte, maar moet dit meer wees as die wetsgehoor­sames s’n?

Is dit dan nodig dat die oortreders lekkerder eet en meer maaltye geniet as van die kinders in van ons skole?

As verwag word ’n kind moet fine wees met peanut butter en jam, sien ek nie fout met mieliepap vir ons in­mates nie.

Vir goeie gedrag kan ’n bietjie suiker gegee word.

Is dit nodig dat in­mates study as daai geld buite gebruik kan word en kinders kan aanpor om te studeer?

Dis mos beter as om te sê “daar is nie geld vir study nie; pleeg ’n misdaad, gaan tronk toe en jy kry drie etes en kan gratis study”?

Politici, aktiviste en dié wat hulle 5c wil add: Staan saam, pas die wet aan en verseker life is net dit: life!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters