5 maande gelede
Snags rol ek rond oor o’s nie op Freedom Day free is nie
Salmon Smith  ~ Foto Verskaf

WEES gegroet, ammal!

Die uwe groet djulle hier vanuit die diepte van sy hart, asook uit die diepte van sy huis.

Ja, die lockdown hou my ook agter my hekke gekluister.

Ek kyk ook met hartseer en trane in my navy blue ogies na die straat daar buite.

Maar weet djulle wat dink ekke nou?

Besef djulle o’s vier hierie Maandag Freedom Day?

Ja, ons gaat mos o’s freedom herdenk. Want presies 26 jaar gelede het o’s mos in ’n demokratiese staat verander, waar o’s ammal vry ka’ wies om op ienage beach te vry, rond te hol, te swem en te ve’syp.

O’s kan ook mos nou oral bly en rondloep.

Maar wag ’n bietjie, gepraat van rondloep …

Besef djulle dié jaar gaat dit die eerste keer in die geskiedenis van ’n demokratiese Mzansi wies dat o’s Freedom Day gaat vier in die diepte van o’s huis, agter djou hekke, onner lockdown?

Want sonder ’n kwaai rede kan djy dan nêrens heen gaatie, want dan kry djy ’n moerse fine. En djy word dalk sommer oek dikgeskop as djy vi’ djou staan en harregat hou.

Maar daar is darem een goeie ding hierin: Die grootbek politicians gaatie nou op groot saamtrekke hul klomp k*k kan praat om politieke punte te score nie. Hul ding is Vim.

By the way, gepraat van fines: Ekke wil net gou wiet: Hoe de d*nn*r gaat djy nou djou moerse fines kan betaal as djy dan nou sonner werk sit as gevolg van die lockdown?

Of gaat die goewermint nou ’n fine fund stig om ammal te help om hul fines te betaal?

En veronderstel nou net die lockdown maak aan die einde van hierie maand, op die 30ste April, klaar, en alles keer die next dag t’rug na normaal …

Gaat dit dan nou die eerste keer in die geskiedenis van ’n demokratiese Mzansi wees dat werkers op ’n Werkersdag weer gaat begin werk?

Nou dis dié goete wat die uwe die hele nag wakker hou. Ek is nou rêrag confused.

Ek is nou nie seker of ek nou free of dom is nie.

Maar wat ek wel kan sê, is: Mense, gehoorsaam maar die lockdown rules, asseplease? Dit is vi’ o’s eie gesondheid, want o’s ammal streef maar na ’n gesonde Mzansi.

En uit die diepte van my hart én huis wil die uwe net vi’ djulle ’n lekker Freedom Day onner lockdown toewens.

Geniet die freedom van djulle huis en djaart!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters