2 maande gelede
Skoonlief en die Bierpens is ’n verhaal wat nét sleg kan eindig
Salmon Smith  ~ Foto Verskaf

KYKIE, die hele ding begin só ...Eers kry djy ’n Facebook request. Die girlie oppie pic slaan djou asem weg – magtag, dis dan ’n model so reg uit ’n modetydskrif!

Daai bloedrooi pruilmondjie lyk asof dit djou heel kan insuig en daai pragtige, koeëlronde melkhouers hier voorie bors slaan djou asem weg. En die naam is so uitlands en aanloklik.

Nou begin djou hart vinnig klop en die vlinders maak nes in djou groot biermaag.

Djy kan nie vestaan hoe dié hoge skoonheid vir djóú, van alle manne, kies om haar Gevrietboek-bra te wiesie.

Djy kykie ee’s of djulle mutual friends deel nie. Nee, djy wil sommer onmiddellik respond.

Daar druk djy accept. Nou is djulle Gevrietboek-brasse!

Onmiddellik trek djou Messenger se tone djou aandag. Djy maak dit oop en lees: “Hi.” Dit is wragtig Skoonlief!

Djy respond: “Hi, oulik!”

Skoonlief respond: “Sorry, I don’t understand. Can you speak English, please?”

Djy try djou beste Ingelse voetjie voorsit. “Hallo, old­like!”

Skoonlief is vol komplimente en vra djou Whats­App-nommer, want sy wil graag vi’ djou dáár bietere leer ken.

Nou begin die gesprekke vurig raak ...

Skoonlief: “I want to spend my life with you!”

Nou as die alarm noggie hiér lui nie, dan is djy ’n kruising tussen domastrant en onnooslik. Want wragtig, op djou hele profiel basuin djy dan uit dat djy getroud is en die happily ever after pics van djou en djou motjie pryk daar vi’ ammil om te sien.

Wil djy nou vi’ my sê Skoonlief het dít somehow op ’n manier misgekyk!?

En watse Skoonlief wil dan nou haar hele lewe slyt met so ’n lelike, getroude man met ’n massiewe bierpens?

So val djy stadig vir al Skoonlief se jokes. Later vat Skoonlief dit verder ...

Sy wil djou baie graag ontmoet. Nou word djou ID-nommer gevra en dalk djou bankbesonderhede. Djy is tot djou ore toe verlief en djy gee dit sonder om te blik of bloos – sies, djou skaamtelose egbreker!

Nou wil Skoonlief vir djou ko’ kuier. “Please send me some travel fare, my sweet love?” stiek Skoonlief nou yt.

Die bedrag wat sy noem, het beslis drie nulle agter.

Nou as djy al dié stadium bereik het en noggie agtergekom het dat djy nou met ’n scamster te doen het nie, dan moet djy met ’n baseball bat al oor djou dowwe kop gemoer word!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters