Verlede maand
Rowwe ride se einde is in sig
Keith Meyer  ~ Foto Verskaf

ROF. Robuus. Rommelrig.

Dis maar net drie woorde om die roller-coaster van dubbel-20 te try beskryf.

Want kyk, dié jaar het met Homo sapiens gemors.

Met ons gesondheid gemors. Met ons finansies en werk gemors. Met ons alles geneuk.

Koot weet, ek voel skoons verwaarloos vandag.

En met die jaar wat einde se kant toe staan, is dit het einde niet.

Want sien, daar is nog ’n paar dae oor voordat ons hierdie “an(n)us horribilis” vaarwel kan roep. ’n Regte anus. ’n Hol-ruggeryde jaar.

Die Covid-19-pandemie issie speletjies nie ...

Al gaan ons hierdie jaar Krismis en Nuwejaar gemasker tegemoet en met ons handjies gewas in onskuld van sanitisers van 70% alkohol, sal ons maar moet vasbyt, min dae.

Al sou die onverskilliges spot met sanitise van binne – met ’n sluksel brandewyn of Stroh Rum – raak dit ons ammil.

Die move wat hulle tot diep agter in djou snotholtes druk, is die move wat tussen lewe en dood staan. Die Covid test. So, hoekom mense nie once gaan vir daai test nie, verwek die wetter in my.

Waarom ander se lewens cheap maak met jou newwermaaind-gedagtes?

Nee, 2020 was rof. Nog nooit het mense so gesterf soos dié jaar nie. Nog nooit moes mense vir soveel loved ones koebaai sing nie.

Ek weet wat ek skryf, want “he who feels it, knows it”. Prophet Marley weet wat hy gesing het. Al issie anner prophet met die bush-gedagte mysteriously landuit.

Die blikemmers wat die Covid-geld so gesteel het, die hel wag vir djulle. Because djulle hettie kos van die armes, die poor and needy, uit hulle mond uitgehaal. Sies, man!

Dankbaar is ons tog vir die prez, wat die miljarde, die billions aan die people try gee het.

Want elke aand as daar net ’n woordjie was dat Cyril weer ’n family meeting wil hou, het ons mos voorie TV geglue gesit.

Gelag.

Gehuil.

Geskel.

Gevloek.

Maar troos jou daaraan, dit kon erger gewees het as die Boy van Nkandla nog ons prez was ... al lyk dit of ons alles nou op Ace gesit het tot later toe.

Frontline workers is ons nuwe heroes. Lesers, was dit nie vir hulle nie – daai mense wat elke dag die virus moes face, hulle eie lewe en hulle families s’n endanger – dan was die hele universe al ge-infect.

Daarom is dit feitlik komies en ironies dat daar nooit vir hulle ’n danger pay was nie, ’n incentive oorlat hulle daar was waar ons nie wou wees nie.

Enniehouw, dis nog nie te laat nie, Mr. President en die Covid Command Council. Of moet Juju dit nou eers weer braak?

Hy hoef nie eens Braak-en-vel toe te gaan nie.

Swaarkry

Tog is ons dankbaar, hemeldankbaar, dat ons nog te midde van alles gespaar is en dat ’n vaccine imminent is.

Daarom sal ons ook 2020 se swaarkry met lekkerkry klaarkry.

Geseënde Kersfees en ’n voorspoedige 2021.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters