5 maande gelede
Orange One gaan dalk die hele wêreld in sy peetjie laat gaan
Albert Bakkes  ~ Foto Verskaf

KYK, ek is al amper 25 jaar in die news game. En ek was in die army en so ’n bietjie rondom die wêreld.

So, daar is nie meer baie dinge wat my skok nie.

Maar dié Maandag het ek werklik ’n monumentale WTF-oomblik beleef.

Want ek het gesien hoe ’n tod­dler een helse vloermoer gooi.

Ongelukkig is die toddler nie 3 nie – hy is 73, oranje en die magtigste man op aarde. En in beheer van die magtigste ekonomie op aarde.

Ja-nee, om te sê pres. Donald Trump se optrede in sy perskonferensie by die Withuis was bisar, is om dit saggies te stel.

Hy het eers so ’n pragtige, bisarre propagandavideo gespeel waarin gesinspeel word dat die media hom nie genoeg airtime gegee het om die “stappe uit te wys” wat hy glo gedoen het om die virus te bekamp nie.

Dis natuurlik loutere bulltwang, want Trump het in die vroeë dae van die pandemie die impak van die virus as fake news van die media afgemaak en dit afgelag. En natuurlik vir die Yanks vertel hulle en die ekonomie is fine.

Toe nie. Die aantal mense wat in Yank­land aan die virus doodgegaan het, het Dinsdag met 2 228 gespring. In één dag, mense!

Nou staan die Amerikaanse dodetal op meer as 28 500.

Trump het dus met sy eie mense se lewe gespeel.

Maar ook met my en jou lewe, liewe leser.

Want dié week het Trump die geldkraan na die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) toegedraai – en dít terwyl die WGO in die middel van ’n pandemie staan waarvoor daar nog geen wonderkuur, geen entstof en geen einde in sig is nie.

Die Yanks (en dus Trump) betaal alleen 15% van die WGO se “salaris”.

Hulle het verlede jaar die grootste jaarlikse bydrae ter wêreld gemaak: $400 miljoen (meer as R7,4 miljard).

En natuurlik doen Trump sy Trump-ding toe hy gevra word oor die besluit (glo omdat die WGO China-sentries is, of so iets – net hy sal weet).

Hy val toe die journo so aan (om die spotlight weg te vat van sy eie stront) dat die see die arme ou nie kan afwas nie.

Trump is so ’n megalo­maniac en egoïs dat hy nie net met sy volk se lewe speel nie, hy speel met die hele wêreldbevolking s’n.

Soos al die dik­tators voor hom gaan die Orange One in die history books opgeteken word as een wat die mensdom vir altyd verander het. As daar nog ’n mensdom oor is om history books voor te skryf.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters