2 maande gelede
Nes die treine is klaskamers ’n vervoermiddel vir auntie Rona
treine, treinspore, metrorail, kabels
Treine het weer 'n comeback gemaak.  ~ Jaco Marais

HOEKOM vat ons nie die corona-virus ernstig op nie?

Elke dag hoor ons die syfers neem toe, maar dit gaan by die een oor in en die ander een uit.

Dié rubriek gaan oor die treine, maar hoe ignoreer jy ouers, onderwysers en leerders wat op ’n koue wintersoggend langs die pad staan en sê “beskerm ons”?

Die treine het weer, met stukkende seats wat toegeplak is sodat niemand daar moet sit nie, begin beweeg.

Wat ons nie hoor nie, is hoe volhoubaar al die plakkertjies is en watter alternatiewe reëlings is daar?

Sien, Metrorail het ’n geskiedenis om nie eens sy eie veiligheidsmaatreëls te implementeer nie. Hoeveel het nie al gesien hoe staan sekuriteitsbeamptes en spoorwegpolisie net rond en vul oop spasie nie?

Gereelde pendelaars sal jou ook vertel hoe jou kaartjie nie eens reg nagegaan word nie. Die cherry op die koek is dat ná drie maande van geen treindiens nie, begin Metrorail met die eerste trein wat gekanselleer is.

Tog voel dié spoorvervoeroperateur, wat duisende vervoer, hy kan social distancing toepas en seker maak daar is geen plek vir Covid op ’n trein nie.

Nes Metrorail glo die Wes-Kaapse onderwysdepartement Covid-19 speel nie op die skoolgrond nie. Dit het gemaak dat ouers, opvoeders en leerders ’n silent protest hou.

Dié optrede is deur die Wes-Kaapse minister van onderwys, Debbie Schäfer, in ’n aanvallende verklaring as polities gemotiveerd beskryf.

Die missed opportunity hier is dat die minister, soos haar kollega van gesondheid, elke­ dag ’n ander skool kon besoek en dit haar kantoor vir die dag maak.

Die minister kan só wys skole is nie ’n oorlogsone nie, maar bloot soos treine net ’n vervoermiddel vir Covid-19.

Die boodskap wat nie sterk deurkom nie, is dat werkers en leerders die Covid-gevaar klaar in hul gemeenskappe face.

Dan word die virus in die werksplek en skole versprei deur iemand wat bes moontlik nie eens weet hulle het dit nie.

Soos daar “geraas” gemaak word oor die virus by skole, hoort daar ook geraas gemaak te word oor diegene wat ná werk en naweke oor en weer kuier. Dis ongelooflik selfsugtig.

Dit behoort ons almal moerig te maak dat daar talle is wat paarties hou en vinnig by ’n vriend gaan inloer.

Ons kinders speel buite en mense loop op en af in die straat asof antie Rona nie om elke hoek en draai wag nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters