4 maande gelede
Nei, politikus, laat my met rus
Keith Meyer  ~ Foto Verskaf

OP 27 Oktober 2021 word die plaaslike verkiesing gehou.

En die jagseisoen is weer oop. Die seisoen van kospakkies en T-shirts is weer wa­wyd oop. Want sien, daai T-shirt van vyf jaar gelede is mos al uitgebleik.

Dalk al vloerlappe of opvryflappe oorlat die gehalte net so swak is soos die service delivery waarmee die mense die afgelope vyf jaar tevrede moes wees. Ons stem mos elke vyf jaar – genoeg tyd om genoeg bollie aan te vang.

Maar die uur het nou geslaan – we need a change.

Op 27 Oktober moet ons van direction change.

Kyk, dis nog ’n lang pad na ’n volmaakte oplossing, but change starts that way.

Ons need nie meer politicians­ nie. Nie nadat feitlik elke liewe munisipale raad die buzz words “service delivery” in die hek laat duik het nie.

Ons need nie meer politicians­ nie. Ons need leaders. Ons need daai African Renaissance waarvan Thabo Mbeki en die geskiedenisboeke ook al gepraat het.

Issitie tyd dat die nuttelose dooie hout uitgekap word nie? Is dit nie dalk tyd vir young, vibrant leaders nie?

Maar moenie die ou lepels met die skottelgoedwater uitgooi nie. Moenie die ou hout wat wel deliver het, weggooi nie.

Daar is steeds goeie leiers wat werklik die mense se belange op die hart dra.

Maar feit soos ’n koei – we need gefokusde leiers in rade. Dis nie ’n aftree-joppie vir ou toppies en ou tannies nie. Djy moet ’n bewese rekord van delivery het. Stem sommer die skelms uit, het die Ramkat-Phosa ge-chant op Freedom Day. Stem sommer oor politieke grense heen vir die kandidaat wat jy weet die wyk die beste sal dien.

Die issues van die mense moet nou aangespreek word. Ons mense kan nie meer in hokkies bly nie. Is dit dan so swaar om huise te bou? Dis dan juis local government wat die national government baiekeer so swak laat vertoon.

Ons hoef nie meer te riot vir skoon drinkwater of verstopte riole nie. Andries Tatane mag nie in vain gesterf het nie.

Sleep die krip voor die kripvreters weg. Ons hoef nie te verongeluk in slaggate in die paaie nie. Of lekkende waterkrane deur Kubane te laat kom regmaak nie.

Nooit weer moet ouma Saar hoef te kies of sy haar lewensnoodsaaklike medisyne of liewer krag moet koop nie. Nooit weer moet skoolkinders in strate speel waar daar nie straatligte is nie.

Nooit weer hoef rade te stry oor wie die burgemeester moet wees en wie die speaker moet wees nie. Of wie wat moet pay nie.

Miskien is dit tyd dat die Renaissance ook sommer die stelsel van proporsionele verteenwoordiging uitkap.

Want dít lei baiekeer net tot koalisies. En koalisies is die grootste gyselaardrama wat ’n mens in politiek kan kry. Laat partye once net deeglik campaign en ’n majority kry.

Laat ons ons rade aan die woorde van Peter Tosh herinner: “It’s been so long, we need a change/ so the shitstem we got tot rearrange/ and if there’s obstacles in the road/ we got to throw them overboard.”

Nee vir politicians. Ja vir leiers. Yes we can!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters