Verlede maand
’n Storm op die horison vir SA
Keith Meyer  ~ Foto Verskaf

ONS wankel tans op die afgrond van absolute armoede.

Ons is in die put van armoede en werkloosheid. ’n Bodemlose put.

En te midde van hierdie pandemie in ons land is ons boonop op die randjie van wydverspreide anargie.

Ons sien beelde van hoe winkels en vragmotors net gestroop word.

Dit skrei ten hemele om te lees oor ’n brand new Covid-19-kliniek wat gewoonweg net destroy word.

Apparate soos ventilators wat lewens kon red, is verwoes omdat daar ’n behoefte aan grond vir matjoks was.

En dit bring my dan by die politicians.

Politicians is nou by die point of no return waar water­skeidende besluite geneem moet word.

Uprising

Die uur waarin hulle moet kies tussen die belange van die people of hul selfsugtige, geld-gedrewe eiebelang is hier.

Kies nou, anders gaan die mense julle dwing om te kies.

Bob Marley sing van ’n Uprising.

Die uprising van die people is nou op ons.

Hierdie is ’n social up­rising. En dít in die klimaat van hierdie corona-virus-pandemie.

Ons is op die rand van die afgrond van armoede.

Dis ’n vernietigende afgrond waar die mense se keuse nou tussen doodgaan van die honger is of steel om die leë maag te vul.

Die land is op die tipping point van anargie.

Die mense is al behoorlik gatvol. Dit is die skietgoed vir gatvol mense.

Koot weet, so kan dit nie aangaan nie.

Maar wat my totaal na drank dryf, is hoe mense hul eie fasiliteite afbrand, soos reeds genoem is.

Dis hul klinieke. Biblioteke. Kleuterskole. Hul treine wat hulle by hul werk moet bring.

Daar is ook attacks op ambulanse en brandweerwaens.

Dié destroyers kan nie mense wees wat legitimate griewe het nie.

Dit móét – dit ís – die misdadige element wat mense se behoefte-gedrewe up­risings exploit vir eie gewin.

Hierdie criminals is net so corrupt en misdadig soos die politicians.

Hulle staan in die pad van die community builders wat ’n change in communities maak met goete soos voedingskemas, legal aid en job creation ...

Alewig

Die oplossing is dalk net gesetel in die herstel van gewone Suid-Afrikaners se menswaardigheid. Waar die mense decent housing het.

Waar mense nie alewig werkloos is nie.

Waar mense saans nie honger gaan slaap nie.

Waar daar nie ’n reuk van armoede oor ons huise en gemeenskappe hang nie.

Dít het my geleerde vriend, Quinton, ons gemaak verstaan.

Die tyd loop uit.

Tyd is nou ons grootste vyand. Sitting oppie spreekwoordelike tydbom.

Die skrif is aan die muur ...

Die oplossing lê nie in bullets en by-laws nie. Nie dat ek wetteloosheid aanmoedig nie.

Die oplossing vir hierdie anargie, armoede en werkloosheid is die herstel van human dignity.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters