2 maande gelede
Hou gerus jou vuil wasgoed vir jouself en áf van Fakebook!
Keith Meyer  ~ Foto Verskaf

IT’S a strange, strange­ world we’re living in, Master Jack!

Want sien, deesdae issit mos hoogmode om privaat­ wasgoed aan die openbare wasgoedlyn te hang.

Newwermaaind wat die anner tjek. Ek chise nou van nwatas wat ’n wrong optel met vriend of vyand.

Wanneer dit gebeur, spring hulle dadelik uit die pen en wend hulle tot social media.

Ai, as ’n mens net dáár ook social distancing kon handhaaf ...

Want sien, die virus van social media kan ook aan die breinselle begin vreet.

En dit hou aan vreet totdat dit djou social interaction vedala maak.

Hoekom sal enige regdenkende mens privaat goete op ’n FaKebook-status sit? Of op ’n WhatsApp status vir ammil om te sien?

Kyk maar wat het al met menige rassis gehappen toe húlle hulle tot FaKebook gewend het om te traai om die land te “reform”.

Dis nag, pappa. Dis so donker soos nagskof daar buite.

Skinner dit maar in die privacy van djou pou-pou-huis – in djou gemakshuisie.

Kyk maar hoe vat mense mekaar hof toe oor k*k op social­ media van mekaar skryf.

My flip man, as djy nie likes van wat iemand van djou klere skinner nie, klim oor die draad en shout out: “Kom pad toe!”

Wie de moer het nog tyd vir ’n skrywery oor en weer waar die een die ander traai slegsê?

Vir wat sal iemand probeer wegsteek oor iets wat nie hoef weggesteek te word nie?

En assie mense daaroor sou waag praat, dan issit reguit social media toe.

Net om vir ure djou eie bloeddruk sky high op te jaag?

Vir wat djou data so mors?

Tjap liewer ’n nais ietsie vir djou loved ones en los dai mense uit met wie djy nie kan regkom nie.

Skinner oor djou buurman of buurvrou se nuwe wiele of furniture? En dan nogal skimp op FaKe­book of Whats­App oor hy of sy dit nie kan bekostig nie?

Oorlat hy of sy dan kwansuis nie sou kos in sy of haar maag hettie?

Waar op aarde kry ’n mens nog mense wat jaloers is op annerman se skuld?

Nei man, djy moet djou kop laat lees. Soema byrie naaste veearts.

Cos why, g’n regdenkende mens sal só dala nie.

Enniehouw, hoerit ook al sy ... dala wat you must.

It’s a strange, strange world we’re living in, Master Jack!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters