4 maande gelede
Dissie fair armstes moet altyd nóg erger suffer in sulke tye
Keith Meyer  ~ Foto Verskaf

VANDAG is ek soos Boetie ... Ek is die bliksem in. Sommer vir alles rondom my.

Want hoe op aarde sal die seer van die lewe altyd die armstes onder ons die seerste slaan? Generational poverty, het my tjommie Bra Quinton die Shackbuilder dit nourie dag vir my genoem.

Bra Quinton, die geleerde sielkundige wat liewer verkies het om die armstes onder die armes se nood te try verlig met sy “strategy van critical mass”.

Hoekom sal my mense innie plakkerskampe altyd die seerste onder die rampe vannie natuur deurloop?

Assitie die storms se waters issie, dan issit die storms se winde. Weet djy hoe voelit om kwaad én hartseer te wees? Om te sien hoe rye matjoks-hokkies deur die natuur platgevee word? Oorlat daai mense nie huise hettie? En assie hokkie op ma en kind ineenstort?

Dit terwyl die haves snoesig warm slaap in hul cosy joints?

Dis hartseer as mense in hul dosyne in gemeenskapsale gehuisves moet word. En dit hêppen elke keer elke jaar innie winter, oral in Suid-Afrika. Van Kaapstad tot Grootdrink tot by Pampoenpoort.

Wiet djy hoe voelit as mense teen vinniger as die spoed van witlig hervestig moet word?

Wiet djy hoe voelit as die honne ennie katte die next oggend soek na hul huismense en dwaal tussen die splinters van wat eens hul mense se woning was?

Wiet djy hoe voelit om ná jare se onafhanklikheid ewe skielik afhanklik te wees van sopkombuise en die aalmoese van barmhartige Samaritane?

Ek wens ek kon nou in hierdie spasie vloek soos ek innie gemakhuisie vloek wanneer ek number two!

Want hoekom sal die lewe altyd sy nwatas oppie swakstes oppie swakstes try?

Enniehouw, Lucifer gaan kom vir djulle, ammilie politicians. Koot weet, die skrif is anie muur.

Hoe de moer sal djy voel assit djóú joint moes wees? Want hoe de moer kan ’n kind van 12 vir djou staan maak dat hy nog nooit in ’n huisie van steen geslaap hettie?

Op wie se dite moet daai gesmeer word?

Soe walla, my masekin. Karma is ’n bitch, só dala die cliché. Daai bitch is ’n bliksem en gaan djou aan djou kroonjuwele byt en djou melkhouers droog melk.

Mense is die kroon van God se skepping. Ons moet die lewe met ál sy challenges vir ammil draagbaar maak.

Blessings, Africa!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters