Verlede maand
Dis tyd vir lang pad na herstel
Keith Meyer  ~ 

DIÉ boeta gannie trek’ie ... oorlat hy nie kannie en nie willie! Nie uit die mees suidelike land in Afrika nie.

Tog was daar die laaste weke hêppenings in ons duur gekoopte demokrasie.

Eers het die arrestasie van een persoon ons landjie meer as R80 miljard gekos.

Ai, hoekom sal iemand nie eers Gemkor getraai het nie? Dalk sou ’n geval van gemeenskapskorreksies se korrektiewe toesig (KT) ’n beter opsie gewees het. En so kon ál die negatiewe beelde waarop die oorsese en plaaslike nuushonde gefokus het, ons gespaar gebly het. Net my beskeie, onnosele opinie ...

Maar ek staan vas: Die reg moet sy beloop neem. Die anner kant vannie coin is dat die riots weer die werkloosheid gehighlight het.

En, o ja, laat ek dit sommer hier byskryf: Nie alle arm mense is skelm nie, want dít is die opinie wat soms gehuldig word.

Dat pres. Ramaphosa dalk sy kabinet moet skommel of skuif – dis sy prerogatief.

Want sien, hoe op aarde dink die opposisie dat Cyril na húlle sal luister? Dan kan hulle mos maar die regering oorvat en self bestuur!

Die uwe is dankbaar dat regter Moseneke en die OVK die verkiesing uitgestel het.

Dis eintlik oukei, want die pandemie is senutergend. Dit breek gesinne op. Tog behoort ons God te dank die vaccina­tions is darem op dreef.

Respect aan diegene wat besware het teen die jab. Laat ons dan maar vroeg innie nuwe jaar ontslae raak van die ou slegte hout innie rade. Nou kan hulle mos nog vir so ’n paar maande van die room afskep. Laat alle voters tog net seker maak niemand mors sy kruisie nie.

Nie alles is doom en gloom nie. Nee, glattie. Een ding wat ons van Madiba geërf het, is die main ding –Madiba magic. En trust my, ons hét dit! Dis net tyd dat ons dit weer bietjie Mr Min gee en afstof met ’n flennielap.

Die pad na herstel is lank – eers van die pandemie en nou ook die ekonomiese chaos ná die plundery.

Dis ’n long walk to reconstruction and development.

Maar kom ons begin klein. Doen klein dingetjies groot, maar doen dit aanhoudend.

Kyk net na dié een stukkie Madiba magic – die inter­nasionaal bekende sielkundige Quinton “The ShackBuilder” Adams en sy span.

Hulle tackle die shack-probleem shack vir shack. Hulle pak ook werkloosheid deur mense op te lei om die arbeidsmark te kan betree.

En hulle vat sommer ook die hongersnood in ons communities aan.

In my bruin ogies is hulle ook soos die Gift of the Givers. Is dit nie tyd dat hulle dieselfde status as die Gift of the Givers geniet nie?

Want winter of somer, dik en dun – hulle is daar om die nood te verlig. Met of sonder government aid.

Wenland

Sal iemand in die regering asseblief note vat van wat hierdie groep mense onder leiding van ons eie Quinton Adams doen? I mean, ’n man wil unite, nie divide nie!

Kom ons support hulle met daai Madiba magic.

Ons need meer van hulle om Mzansi ’n wenland te maak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters