6 maande gelede
Covid-19 gaan ons baie, baie siek gesondheidstelsel beproef
Albert Bakkes  ~ Foto Verskaf

AH, DIE corona-virus.

Teen die tyd van skrywe was daar alreeds sewe gevalle hier.

Al die mense wat positief getoets is, was mos op ’n trippie na Italië, wat die tweede slegste getref is deur die Covid-19-ding.

Toe ek die eerste keer van die ding gehoor het, het ek regtig gedink dis iets van ’n overreaction om so geworried of bang te wees.

Want van die meer as 1,4 miljard Chinese is net ’n fraks onder 90 000 tot dusver positief getoets.

En nie om hardvogtig te klink oor enige mens se dood nie, maar at the time of writing is net ’n fraks oor 1 000 mense in daai land dood aan die virus.

Dit is – om dit nou plain te stel – nie ’n druppel in die emmer wat population figures vir daai land betref nie.

En die facts and figures wys dat net ’n skamele fraksie oor die 3% van mense wat die ding opdoen, sterf daarvan.

En dis meestal mense wat probleme het met hulle immune system (soos ou mensies) of wat reeds onderliggende mediese probleme het (meer hieroor later).

Maar bygesê, China is ’n outoritêre staat wat sommer hele stede kan sluit of mense dwing om in hulle huise te bly.

Lockdowns is nie ongewoon nie. So, daai regering kan, hoe nasty die metodes hoe ook al is, die verspreiding van die virus contain.

Maar kyk wat het in Italië aangegaan. Hulle het nie ’n drakoniese regime daar nie.

En vrylike beweging is aan die orde van die dag. So, baie meer mense toets positief.

En onthou, daai is ’n First World country met ’n sterk infrastruktuur (en dit geld ook vir hulle mediese/gesondheidsinfrastruktuur).

En nou kyk ons na die olifant in die vertrek.

Verlede week sê ons minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, die land is slaggereed teen die virus.

Mkhize sê die infrastruktuur om dit te kan beheer, is in plek.

I call bullshit when I see it. Ons weet almal in watter !@#$%^ ons gesondheidstelsel is.

En hou ook in gedagte hoe ongesond ons bevolking is: Die hoogste getal mense met vigs, TB, vetsug, suikersiekte, fetal alcohol syndrome-babas, ondervoeding weens werkloosheid. Die lys gaan aan.

Al dié mense het dus alreeds onderliggende mediese probleme en/of immune systems wat nie optimaal werk nie.

Ek voorsien ’n potensiële slagting. Want daai gesondheidstelsel is al klaar ’n baie, baie siek pasiënt ...

Ek is nou bang.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters