Verlede maand
Als stééds apartheid se skuld?
Salmon Smith  ~ Foto Verskaf

DIS apartheid se skuld!

Ai, hoe baie hoor ons nou al dié holruggeryde gesegde?

Dis die nutteloosste en domste verskoning ooit in die geskiedenis van ver­skonings!

Enige iets wat verkeerd gaan in ons land, is apartheid se skuld.

Of wanneer iemand k*k droogmaak as gevolg van haar of sy onnoosilgeid, dan word die blame geskuif na apartheid.

En dít gebeur steeds 26 jaar in die sogenaamde demokrasie – 30 jaar ná die val van die apartheidstelsel.

Nou, vandag, gaan ek dinge gou regstel. Ek gaan daardie gesegde omdraai en die skuld pak op die organisasie wat dit toekom – die ANC.

Vandag gaan ek sommer behoorlik ’n borsskoonmaak-sessie hou, want my bors is sommer nou lekker vuurwarm oor ál die k*k wat deesdae aangaan in ons mooie land.

Stamp

Rait! Hie’ gaat die uwe ...!

Alles wat vandag verkeerd gaan in ons land, is die ANC-regering se skuld. Want dit is hý wat besig is om ons mooie land oor die afgrond te stamp.

Ál die geweld en misdaad wat handuit ruk, is die regering se skuld. Vir elke moord van onskuldige mense, veral kinders, deur gangsters en ander misdadigers, moet die regering die skuld dra.

Waar het jy al gehoor dat hardcore misdadigers wat nog nie eens gerehabiliteer is nie, gepardon word en vroeg release word oor die tronke kwansuis oorvol is? Waar!?

Dan sterf ons arme kinders weer aan die gruwelike hande van daardie selfde mis­dadigers.

Sodra hulle vrygelaat word, verlang bandiete terug na daai lekker luukse hotel­agtige lewe daar binne.

Daar binne innie tralie-hokkie word mooi na hulle gekyk. Hulle kry alles op ’n skinkbord en hoef nie hul sleg gatte af te werk soos in die apartheid-era nie.

Misdadigers hier buite word oppie hande gedra, soos dat hulle free lawyers gebied word wat deur hul slagoffers se familie betaal word via belasting.

Die polisie kan die misdadigers nie eens skeef aankyk nie, dan word hulle gesue. En die media is vol van polisiebrutaliteit, maar die misdadige brutaliteit word gerieflikheidshalwe misgekyk.

Korrupsie en bedrog sal altyd seëvier, want crime pays klaarblyklik.

Die sogenaamde kommissies van ondersoek is om die arme belastingbetalers ’n rat voor die oë te draai, want ek het nog nooit gehoor daarvan dat die boewe wat die land se koffers so leeg steel, tronk toe gaan nie. Môre is hulle in ander staatsposte.

Mismanagement van ons staatsdepartemente gaan ons nog dieper in die riool laat wegsink.

Maar nee, die kaders, of die top-brasse, moet ook mos poste daar bo kry.

Misverstaan

Hoekom sit ons jong mense met matriek dan op straathoeke sonder werk?

Hoekom is ons werkloosheidsyfers so hoog?

Wat het geword van “a better life for all”? Of het ons dit misverstaan? Want alles gaan net slegter en dis alles ons regering se skuld.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters