2 jaar gelede
Politici verstom met korrupsie
 ~ 

PRAAT van handpalms ghries – tjo, tjo, tjo.

Is ons seker Bosasa is nie Kersvader nie? Want jô, hy sort jou uit met ontwerpershandsakke, huisraad, sound systems en security, en lewer sommer braaivleis en XYZ by die huis af.

Have no fear, Bosasa is near. Ons ghries jou, my bra, no worries; submit net jou order.

Ek was nog altyd skepties oor politici en die gemak waarmee hulle op die soustrein klim. En volgens getuienis voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping skep hulle onophoudelik. Maar die onthullings die afgelope week? #NeverReady

Ons het al gehoor dat moord gepleeg is vir ’n plek om ’n raadstafel en government pay. Dis hoekom ons in sommige munisipaliteite spookwerkers het: Almal wil skep ten koste van die belastingbetaler.

Soveel staatsamptenare (meer as 80 beweer Angelo Agrizzi van Bosasa) het multiple income streams wat nie verklaar word nie.

Daar word frontmaatskappye gestig om onheilighede toe te smeer. Vals fakture word uitgereik asof dit legitimate sake is, kantie is dit onderduimse transaksies.

’n Ou word sommer so oornag ’n dikding by die werk of pay skielik derduisende. Hy gooi net Armani en sy mince in Jimmy Choo’s. I mean, really? Sien niemand raak hul lewenspeil match nie die salaris nie?

Lyk my sweeteners en omkoopgeld is nou in hul geaardheid. Mense glo hulle is untouchable. Dalk ís hulle, want nie een van hulle dra orange overalls nie.

Agrizzi se getuienis laat dit klink asof ’n ietsie ekstra in ’n bruin koevert of in ’n bankrekening aanvaarbare praktyk is.

Hau, ons praat van enigiets tussen R10 000 en R100 000 per maand ekstra in jou pay-pakkie.

Daar is korrupsie in die VBS Mutual Bank, in munisipaliteite, Eskom, Denel, Prasa ... ’n Mens kan net nie bybly met die verrotting nie. Wáár gaan dit eindig?

En die mense suffer: Kinders val in puttoilette af en die paaie is vol slaggate.

Hoekom? Want die geld is gechow.

Die Zondo-kommissie toon die meeste van die beweerde korrupsie is in die departement van korrektiewe dienste (DKD). Die gewese kommissaris van die DKD is glo maandeliks – nie once-off nie: maandeliks! – met R65 000 geghries!

Dis net die ontslape voormalige direkteur-generaal van sport en kommissaris van die DKD, Vernie Petersen, wat nie voor die versoekings geswig het nie.

Agrizzi sonder hom uit as onkreukbaar en onomkoopbaar.

Toe ek dié storie hoor, onthou ek die gesegde “boosheid gedy wanneer goeie mans en vroue stilbly en niks doen nie”. Daar is soveel lesse te leer uit Agrizzi se getuienis.

Een daarvan is dat ’n mens die boekhouding van skelms nie moet onderskat nie: Die man se files is volledig en daar is incriminating video clips en opnames van foongesprekke.

Die ander is dat korrupsie geen agting het vir kleur, geslag of geloof nie. ’n Mens dink dalk jy kom weg daarmee, maar skelm se vet sal braai. #WeSeeYou

LYNETTE FRANCIS, aanbieder van die aktualiteitsprogram Fokus op SABC2 en die geselsprogram Praat Saam op RSG, gee haar indrukke oor die mense wat op haar pad kom en die onder­werpe waaroor hulle gesels.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters