3 maande gelede
Delayed jabs bly maar ’n kopseer
Lynette Francis-Puren  ~ Foto Verskaf

DIS reeds ’n week sedert my ma haar jab gekry het.

Sy is baie beïndruk met die wyse waarop hulle in die sentrum gehanteer is.

Sy’t sommer vergeet hoe moerig sy was die vorige aand omdat haar SMS eers ná 18:00 gestuur is. Hoe dink hulle moet sy haar lewe aanpas as hulle so laat SMS’e stuur?

Eintlik is dit die rekenaar se skuld, Mammie. Die stelsel werk op algoritmes. As jy gaan, moet jy net jou ID en die verwysingsnommer neem.

Sy was bietjie lighoofdig op dag een en vir twee dae het sy ligte hoofpyn gehad en haar arm was seer en gevoelig.

My ma, ’n oud-verpleegster, het ’n punt daarvan gemaak om te sê hoe lank en dun die inspuitingsnaald was. Dank Vader, als was daarna fine.

Ryk

Eers moes hulle hoor dat hulle ná twee weke vir die tweede Pfizer-inspuiting moes kom, maar die regering het nou daardie tyd tot ná 12 weke aangepas. Sien, tydens die wagtyd produseer jou liggaam glo drie keer soveel antibodies in jou lyf, wat beter beskerming teen die virus bied. Ons wag maar geduldig.

Daar word baie gepraat oor entstof-nasionalisme, waar ryk lande entstof oppot wat in ander lande ingespuit kan word.

Amper soos spaar vir ’n rainy day met die uitsondering dat hulle burgers amper drie keer ingeënt kan word, want hulle het so baie in die entstofbank.

Dis een argument. Die ander is net lomp besluite wat ons regering gemaak het wat tot meer sterftes in die volgende paar weke gaan ly.

Die pas waarteen lande se burgers ingeënt is, wissel, maar meer skrikwekkend, Suid- Afrika lê heel lááste op die grafieke.

In Gauteng het die gesondheidsdepartement laat weet dat die provinsie ’n toename in Covid-gevalle het – die meeste van ál die provinsies – en nou in die derde vlaag is.

Teen 2 Junie was net 479 768 mense onder die Sisonke-program gejab.

Die eerste dosisse van Pfizer het teen 2 Junie 637 801 ontvangers gehad.

Johnson & Johnson en Pfizer is die twee entstowwe wat meestal gebruik word.

Toegedien

Pfizer word meestal in urban gebiede gebruik, want dit moet in vrieskaste geberg word wat maar selde in landelike gebiede beskikbaar is.

Die landelike areas ontvang Johnson & Johnson, want dis een dosis wat toegedien word en kan tot drie maande in ’n yskas hou.

Ek het besluit ek moet my nie so opwerk oor die regering se nalatigheid nie.

Ek drink vandag juis rescue remedy om my te kalmeer, want die onthullings oor die beweerde dodgy en korrupte ooreenkomste van die gesondheidsminister, Zweli Mkhize, is te veel vir stabiele bloeddruk.

Die hemele weet wat ons met al die miljoene kon gedoen het om ons mense te help en beskerm.

Is daar dan niemand in enige van hierdie politieke partye met skoon hande nie?

Of het almal small nyana skeletons in die kas?

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters