Verlede maand
Bly só staande onder Covid-juk
Lynette Francis-Puren  ~ Foto Verskaf

‘WHEN the world comes­ crashing at your feet

“It’s okay to let others help pick up the pieces

“If we’re present to take part in your happiness

“When your circumstances are great

“We are more than capable of sharing your pain.”

Dít kom uit The Sun and Her Flowers deur Rupi Kaur.

Stilte. Dít is die geskenk wat ek myself probeer gee, maar dit werk nie altyd nie.

Die lewe voel so onvoorspelbaar; so asof ek nie ’n grip op als kan kry nie.

Die skielike sterfte van my bestie se ma op Oujaarsdag spook by my.

Die skielike heengaan van vriende en familie pootjie my gees en ek sukkel keer op keer om aan die gang te kom.

Dit voel asof jy ’n marathon hardloop, maar jy weet jy is so onfiks en onbeholpe en daar is nog geen einde in sig nie.

Virtuele begrafnisse is dan nou ’n ding. Drive-bys om eer te betoon raak dan nou normaal.

Ek kan nie bybly met die doodstydings nie. My trane is op.

Genuine.

Dit voel asof ek ’n albatros om my nek het – ek sleep die seer saam met my. Dag ­in, dag uit.

My vriendin in die buiteland skryf vir my doodeenvoudige besluite raak nou heav­y deci­sions.

Sy vra nie meer vir mense hoe dit by die huis gaan nie, want sy is te bang om te hoor wie nie meer daar is nie.

Of wie lê in die hospitaal.

“Ek vra myself af: Wie gaan oorbly wanneer ek die dag terugkom?”

Dis meer as net Covid-fatigue.

Dít is hoe trauma en rou lyk.

Wat op die oomblik help om met alles te cope, is om net een dag op ’n slag te leef.

Daai grappie van “hoe eet jy ’n seekoei?” skiet my te binne.

Stukkie vir stukkie. Dag vir dag, voetjie vir voetjie.

Ek het my weke lank van die sosiale media afgesonder.

Daar is klaar genoeg om mee te deal.

Wie wil nog luister na mense wat mekaar slegsê en wat oor ’n entstof baklei of sien hoe korrupte staatsamptenare ons goedgelowigheid en vertroue vertrap?

Nuus

Ek troos myself die hele tyd aan die gedagte dat die plaaslike verkiesing kom en dat ons hulle kan uitstem.

Op ’n kol wou ek nie my goeie nuus met enige een deel nie, want dit voel so unfair teenoor mense wat hul werk en geliefdes verloor. Dan skryf ek dit maar in my gratitude journal.

Ek het gefokus op tyd saam met my geliefdes. Werk en huis toe.

Lees en tyd in my groentetuin help my vergeet van die sorge van die wêreld.

Om tamaties, bone en wortels te pluk en in die grond te grawe help my om nog mens te voel. Daar is growth te midde van al die wanhoop en treurmares.

Dit voel of jy alleen is, nè? Maar jy is nie. Dít is hoekom ek die stuk uit die gedig met jou wou deel.

Ons sal weer opstaan. Môre­ sal die son weer skyn. Ek belowe. Hou moed.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters