11 dae gelede
Die ‘baas’ is steeds in beheer
Al-Ameen Kafaar  ~ Foto Verskaf

DIE afgelope week was mislik.

Clicks verdien ál die kritiek van die afgelope week.

’n Maatskappy wat ’n multinational se produk verkoop en geen clue het oor sensitiwiteit en rasse-diversiteit nie, verdien ál die swak publisiteit wat hy kry.

Verder hoop ek die DA slaag in sy saak van opstokery en saakbeskadiging teen die EFF – nie dat ek ’n DA supporter is nie.

Daar is wyd en syd geskryf oor hoe die duiwelse geloof van wit opperheerskappy met klem op voorkoms – blonde hare, wit vel en blou oë – as ’n sielkundige wapen gebruik is om dié bedrieglike ideologie aan die lewe te hou.

Die geloof word verskans deur die media en in bedrywe soos dié in Hollywood.

Sedert Europeërs begin leer bad het, het hulle ons darkies gechais dat God eerstens ’n man is, maar ook dat Hy blond, blank en blue-eyed is.

Gevaar

Opperheerskappy het basies oral gewerk waar Blondie en Blue Eyes in charge was.

Hy het die metode van kommunikasie beheer.

’n Geletterde swarte was ’n denkende swarte en ’n denkende swarte was ’n gevaar.

Die vraag is: Hoe suksesvol was hy – en laat my toe om ’n goeie Nederlandse uitdrukking te gebruik – om ons met dié stront te indoktrineer?

DP Botha skryf erg patriargaal in 1960 in sy boek Die Opkoms van Ons Derde Stand hoe die bevolkingsgroep die naaste aan die wit man nie net glo, praat en doen soos die wit man nie, maar ook hoe sommige van sy lede soos die wit man lyk.

En die “Bantoe” is “apart” en het ’n natuurlike geaardheid vir “oorheersing”.

Botha probeer nie eens die taktiek van “divide and rule” verskans nie.

Nêrens in die boek noem hy dit prontuit dat wit mense wit opperheersers is nie, maar dit kan basies op elke bladsy vertolk word.

Sedert setlaars in die land geland het, het hulle ge- divide en rule.

Hulle kon nie die oorhand kry waar unity was nie. Die 100 jaar van Oos-Kaapse oorloë is ’n case in point.

Die Khoi en Xhosa was formidabel in sommige van die nege oorloë wat hulle saam teen die Engelse geveg het. Hulle is egter maklik oorrompel wanneer hulle verdeeld was.

George M. Fredrickson skryf in White­ Supremacy: A Comparative Study in American and South African History hoe die wit man in albei lande onderskeid tref (nadat kinders verwek is deur hul brutale verkragting van nieblanke vroue) tussen die “house niggers” en “field niggers”.

Die “house nigger”, ligter van kleur en met sagter hare, het die “Masta” se leefwyse aangeneem en neergekyk op die “field nigger”.

Geslaagd

Ná aanleiding van die afgelope week se opmerkings deur my vriende en familie op sosiale media-platforms kan en aflei die “house nigga” mentality is nog sterk.

So, die white supremacy-indoktrinasie was uiters geslaagd en is nog spring­lewendig.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters