6 dae gelede
Ope brief aan die Springbok coach
Jacques Nienaber  ~ Gallo Images

Awê, boeta Jacques Nienaber.

Toe ek jou span sien vir die laaste toets teen die All Blacks het ek my moer behoorlik gestrip.

Ek vloek nie sommer nie, maar die woorde uit my mond sou my oorlede moeder links en regs in haar graf laat draai het. Mag haar kosbare siel in vrede rus.

Die rede vir hierdie skrywe is om bors skoon te maak.

Kykie, ek is 'n loyal Bok supporter vannie Cape Flats.

Ja, glo dit of nie, hier oppie Flats kyk ons ook rugby. Hier word nie net tik gebruik of bullets afgevuur nie.

But lately is ek nogal k@k disappointed in jou.

Hoe kan jy dieselfde beginspan behou?

Daar is veral drie spelers in jou agterlyn wat tans nie die mas opkom nie. Hier verwys ek na Willie, Faf Sokkervoet en Pollie. Nie een van daai drie is op vorm nie. Wat soek hulle in die span?

Wil jy vir my sê hulle is die beste in hul posisies? Dan is ek beslis die nuwe staatspresident.

Is jy bang dit doen iets aan hulle selfvertroue as jy hulle weglaat?

Hulle is mos... nee ek het myself belowe ek gaan nie die race card speel nie. Ons hoor mos gereeld politiek hoort nie in rugby nie.

Arme Elton se hol is laasweek so vol eelte gesit van wonder of hy gaan game time kry. En Herschelle? Hy het so groot geskrik toe hy ses minute speelkans kry dat hy sommer, nes Faf, ook sy sokkerskoene gebruik het.

Gaan Elton dié week meer speelkans kry? En gaan jy vir Willie en vir Faf ook vir 'n slag vroeg replace?

Doen die regte ding en change jou game plan.

Speel 'n slag rugby. Jou span is dit aan sy supporters verskuldig.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters