17 dae gelede
Willie-betaler stry oor kid wat ons saam het
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS al so moedeloos met my kind se pa wat eenvoudig weier om haar te onderhou.

Ek is al hof in en uit en die mense sê ek moet vir my ’n lawyer kry.

My kind was nog ’n baba toe haar pa met ’n ander meisie gejol het. Sy is nou 10 jaar oud.

Hy is nou saam met ’n ander eksmeisie van hom.

Ek is al so moeg, Antie. Ek kry nie werk nie en hy wil nie betaal nie.

Hy stry nou sy eie kind af en wil bloedtoetse laat doen, maar almal kan sien hy is ’n willie-betaler.

My kind gaan oor ’n paar jaar hoërskool toe en soos Antie weet, is skoolklere en skoolgeld baie duur.

So, wat kan ek maak, Antie? Moedelose Ma, WhatsApp

Of julle nou getroud, geskei of separated is, onderhoud vir sy kinders moet hy betaal.

Die wet sê so! Ongelukkig kan die einste wet dit verskriklik moeilik maak vir mammies om sleggat-daddies sover te kry om hul kinders te onderhou.

Hierdie man sou hom geskaam het as hy dalk ’n vel oor sy gesig gehad het.

Hy het geld vir bloedtoetse, maar kan nie sy eie vlees en bloed finansieel support nie. Hy staan voor in die koor vir die Sleggat-Pa van die Jaar award.

Soos jy nou ondervind het, is dit ’n lang proses en nagmerrie om in die hof te fight vir dit wat jou kind wettig toekom.

Die wet sit al die maatreëls so mooi uiteen om te verseker dat ’n ouer sy of haar papgeld-pligte nakom, maar veels te dikwels is hierdie maatreëls net mooi op papier.

Gaan terug na die maintenance-hof en dring daarop aan dat jou saak afgehandel word. Vra sommer vir die betrokke klerk watter prosedure gevolg moet word om ’n amptelike klag te lê oor die saak wat nie rigting kry nie.

Daar is nie koste aan verbonde om vir ’n onderhoudsbevel aansoek te doen nie. So, Antie kan nie sien hoe jy vir ’n lawyer moet opdok as die Kinderwet veronderstel is om vir jou kind se regte te veg nie. Moenie tou opgooi nie. Gaan terug en wys hulle jy gaan aanhou fight totdat jou kind kry wat haar toekom.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters