2 maande gelede
Werklose pa mag skielik nie meer sy kind sien
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK SOEK raad in verband met my kind.

Noudat ek werkloos is, mag ek nie meer naweke my kind sien en kry soos voorheen nie.

Ek word net toegelaat om die kind te kry as ek ’n werk het, anders mag ek nie die kind kry nie.

Ek was al by die social workers sodat hulle ’n plan kan optrek, maar dit was nie lank nie, toe verbreek my eks-girl die plan.

Ek hoop Antie sal my kan help, want ek is al moedeloos en verlang regtig na my dogtertjie. – Hartseer Pa, WhatsApp

Dis winter, dis koud, Corona show weer af ... en dis regtig nie nodig vir mense om nog spiteful óók te wil wees nie. Veral nie wat ’n kind concern nie.

Dinge is tough. Hoendertande is meer volop as werk en almal sukkel maar om kop bo water te hou.

Hierdie is geen, maar géén rede vir jou eks om jou kind van jou af weg te hou nie.

Jou verhouding en band met jou kind kan nie net van ’n werk afhang nie. Ja, ’n kind het behoeftes wat geld kos, maar jou presence in jou kind se lewe is ’n uiters belangrike faset in haar vormingsjare.

En natuurlik is dit so dat ’n daddy soos jy sal opmaak as jy weer ’n werk kan losslaan.

Hierdie meisie smeer haar af aan wat ook al plan die social workers mee na vore kom.

Gaan terug na hulle, verduidelik die huidige situasie en hoor of dit dalk maar beter sal wees as die kinderhof die ideale plek sal wees om ’n langtermyn­oplossing te kry wat jou eks wetlik verplig sal wees om te gehoorsaam.

Antie hoop regtig dat jy ’n oplossing sal vind, want dis glad nie reg dat ’n nare, nare eks jou kind van jou weghou nie.

Liewe Antie Mona

MY AANSTAANDE se suster meng haar in by ons verhouding.

Sy sal my sommer invlieg oor niks. Sy is getroud met ’n baie vet man en nou ly sy nog aan depressie ook.

Koffie is haar lewe. Ek weet nie hoe om my meisie terug te wen nie. – Moedeloos, WhatsApp

Dinge raak altyd nasty as die aanstaandes hul neus in jul sake steek.

Dit kan ’n situasie baie tense maak omdat dit jou meisie kan laat voel asof sy in die middel is.

Hoe kies ’n mens anyway tussen jou familie en ’n boyfriend?

Soos dit vir my klink, het sy reeds haar keuse gemaak en haar familie gekies.

In hierdie stadium van die geveg sal dit dalk ’n goeie idee wees om jou meisie ruimte te gee.

Hulle sê mos absence makes the heart grow fonder en hopelik is dit die geval vir jou.

Aan die anderkant van die coin kan hierdie dalk ook ’n eye-opener vir jou wees, ’n blik in die toekoms oor hoe dinge gaan wees wanneer jy die dag met hierdie meisie getroud is.

En ’n belangrike vraag bly in die lug hang: Is jy regtig lus vir al die drama met die skoonfamilie?

Is hierdie breek wat jy en jou aanstaande nou het nie ’n aanduiding vir jou oor wie sy sal kies elke keer as daar ’n twis is nie?

Dit kan dalk net wees dat die universe jou ’n groot guns gedoen het en jou eintlik wil aanmoedig om aan te beweeg.

Antie is egter oortuig dat jy lief is vir hierdie vrou en ’n lewe met haar wil bou.

As jy dus krag het vir ’n battle met die in-laws, behoort jy alles in jou vermoë te doen om haar terug te wen.

Hou egter in gedagte dat jy sal moet erken as daar geen salf te smeer is aan ’n verlore battle nie.

Liewe Antie Mona

EK IS in my vroeë 50’s, het twee volwasse kinders en het ’n goeie werk.

Ek was 20 jaar in ’n verhouding met ’n man wat my geestelik en emosioneel gedreineer het.

Antie, ek het uiteindelik van hom ontslae geraak en besluit om aan te gaan met my lewe. Ek weet u is nie ’n dating site nie, maar ek wil graag met ordentlike, eerlike mans in kontak kom.

Hy hoef nie status te hê nie, maar moet darem ’n ordentlike werk het. Ek kry nie kans om op my eie te soek nie, aangesien my vrye tyd bietjie beperk is. Liefdevolle Vrou, WhatsApp

Nou gaan ál wat mansmens wat eintlik nooit van hulle op die Whats­App-lyn laat hoor nie, Antie se inbox weer breek met hul request vir jou nommer.

Dít is iets wat Antie nie juis allow nie, maar weet jy wat, dis winter. G’n niemand likes van alleen slaap wanneer dit so koud is nie.

Belangstellendes se nommers sal ek aan jou stuur sodat jy maar self moet besluit of hulle jou interesseer.

Waak net teen die honger wolwe wat smag na ’n warmer winter. Jy is niemand se duvet nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters