16 dae gelede
Vroulief wil opmaak en my ‘single lewe’ spoil
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS JB en my vrou is QB.

Ons twee kom al meer as 10 jaar aan en ons het al baie dinge saam deurgemaak.

Ek is 33 en sy is 47 jaar oud. Ons het drie kinders saam.

Sy het uitgetrek en dis nou al ’n maand dat ek op my eie bly.

Maar nou, ’n maand later, wil sy opmaak en dinge regmaak tussen ons.

Antie, ek het die maand dan so lekker op my eie gebly en alleen reggekom.

Ek kon kom en gaan soos wat ek wou. Sy en die kids is terug, maar ek voel steeds lus vir die single lewe.

Hoe maak ek? Ek is baie lief vir my kinders, maar met die maand skeiding het my hart ook die pad gevat. JB, WhatsApp

H’m, ’n lewe sonder verantwoordelikheid en no worries geproe?

Weet jy, as ouer moet ’n mens eerlik wees: Dis soms tog te lekker om ’n bietjie tyd net vir jouself te hê. Maar een ding waarvandaan ons nie kan weghardloop nie, is ons responsibilities teenoor ons kinders.

Praat met jou vrou oor hoe jy die afgelope maand alleen ervaar het. Hoor dan of julle nie van tyd tot tyd ’n bietjie kan uitgaan nie – alleen of as ’n couple. Onthou, wat vir jou geld, moet vir haar ook ’n geleentheid wees. Julle kan om die beurt na die kinders kyk.

Tog kry Antie die idee dis nie wat jy in mind het nie. Jou voete staan pad se kant toe, nou wil jy jou hart die skuld gee.

Dit klink asof dit vir jou omtrent lekker was om ’n maand lank nie na jou drie kinders hoef om te gesien het nie.

Daar is nie vacations as dit by ouerskap kom nie, so jy moet besluit waar jy wil wees.

Jy kan nie vir jou kinders lief wil wees, maar dan wens jy hulle en hul ma was ver uit jou lewe nie. Wees versigtig waarvoor jy wens; familie is kosbaar!

Oomblikke saam met hulle is iets wat jy nooit vir enige iets behoort te verruil nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters