9 dae gelede
Vroue, as julle abuse word, probeer uitkom
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK WIL net dankie sê vir die goeie raad wat Antie altyd gee.

Ek is ’n geskeide enkel-mamma en het so twee jaar gelede besef dat ek moet aangaan met my lewe.

Nou hier kom my pyn in: Ek loop toe weer ’n ou skoolvriend van my raak. Ons gaan vir koffie, lunch en miskien ’n maand later op ’n dinner date.

Ek moet noem dat ek selfonderhoudend is, so ek was op soek na ’n maat met min of meer dieselfde belangstellings, werketiek en mannerisms.

Nou goed, fast forward vier maande later en ek besef dat die man met verkeerde dinge besig is en ek sê hom toe dat dit nie sal werk nie.

Tóé begin die poppe dans. Hy begin my dreig. Ja, weet ek wie en wat hy is? Hy word nie gelos nie, ens. Ek sien toe die man is ernstig en begin alle boodskappe in ’n password protected folder stoor.

Ek soek hulp by die polisie, maar niks maak nie. Ek word toe ’n kluisenaar en trek by my ouers in, want elke plek waar ek is, steek hy sy kop uit.

Ek word agtervolg, ens. My dogtertjie se lewe word bedreig en ek sit met ’n restraining order wat niks beteken nie. ’n Polisieman sê toe vir my dat niemand aan hom sal raak nie, want hy is berug om mense te laat “verdwyn”.

Ek maak ’n draai my die Saps se ernstige misdade-afdeling. Niks help nie.

Tot Januarie 2020. Hy ontvoer my, slaan my half dood en verkrag my nog boonop. Ek vind toe uit dat ek swanger is en ek moet ’n moeilike keuse maak.

Oral waar ek hom kry, dreig hy my en die spesifieke dag het ek ’n “out of body” experience en ek sê hom dat hy welkom is om my nou dood te maak, maar ek lewe nie meer só nie.

Antie, dis die laaste dag dat daai coward my ooit weer gepla het.

Daar is geen rede hoekom ’n vrou in ’n abusive verhouding moet bly nie.

Ek besef meer as enigiemand anders hoe gelukkig ek is om vandag te leef.

Ek moes van provinsie verander. Gelukkig het ek ’n wonderlike werkgewer wat my toelaat om van die huis af te werk.

Dames, as jy enige teken van geweld sien, beëindig die verhouding.

Hy gaan nie verander nie. Nie vir jou nie, nie vir jou liefde nie. Vir niemand en niks nie.

Kyk uit vir jouself en jou kind(ers) en vra hulp. Maak geraas. Hy het geen ander keuse as om weg te hol soos die coward wat hy is. – Survivor, Whatsapp

Oh my word! Genade, vrou! Jy is omtrent deur ’n ordeal en ’n half!

En wat Antie altyd opval, is hoe die systems wat veronderstel is om in plek te wees om jou te help, áltyd fail. Elke wet lyk mooi op papier – tot ’n slagoffer dit nodig het om uit ’n situasie te kom.

Antie is so bly dat jy daarin kon slaag om uit hierdie ding se kloue te ontsnap. Sy dag sál hy kry – daarvoor sal karma sorg.

Dis baie belangrik wat jy noem: Vroue móét geraas maak oor die abu­sive situasie waarin hulle hulself bevind. En g’n vrou hoef ’n abusive jong te entertain nie.

As jy tans in so ’n situasie is, kom uit daai verhouding of huwelik. Jy en jou kinders sal veel beter af wees.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters